YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 11 OF 12

DAG 11

Die mens Adam, het name gegee aan al die diere, maar die mens het geen hulp gevind wat by hom pas nie. Let op hierdie twee groot aspekte van die mens se bestaan toe hy geskape is.

Eerstens — Jy is begaafd. Jy het vermoëns. Adam gee name aan al die diere. Sjoe! Het jy al probeer om ʼn oorspronklike naam te gee vir iets, vir iemand? Dis nie maklik nie. Kan jy dink hoe kreatief moes hy gewees het?

Tweedens — Hy moes ʼn hulp kry wat by hom pas. Hierdie idee is baie groot. In die Nuwe Testament gebruik Paulus die beeld van ʼn liggaam. Daar is iets wat jy kan doen, heeltemal beter as iemand anders. Jy is miskien ʼn hand — jy is nie ʼn oog nie. Vind uit wat God vir jou gegee het en besef dat hy vir jou hulp gee vir alles wat jy nie kan doen nie.

Wat is dit in ons wat so dikwels iets anders wil wees en in staat wil wees om iets anders te doen as wat ons doen? Dit kan geweldige pyn in jou lewe veroorsaak, want ʼn graad gaan nie vir jou ʼn gawe gee nie. ʼn Graad kan dalk help om jou gawe te ontwikkel en beter te maak.

Soveel van ons misluk omdat ons aanhou probeer om dinge te doen wat ons nie eintlik kan doen nie, en ons sal nooit daarin kan groei nie, want ons het nie daardie gawe nie. Dis soos om met die verkeerde hand te skryf. Jy kan, maar dit maak jou verskriklik moeg. Dis so anders as jy dit doen in lyn met wie jy is en wat jou gawe is.

Ek kom dikwels by mense wat wonder wat die Here wil hê hulle moet doen. Paulus se raad in Romeine 12 is: “Onderskei wat die wil van God is.” Vers 3: “Lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.” Vers 4: "Die lede het nie almal dieselfde funksie nie.” Wat sê hy nou eintlik? Die eerste stap is om uit te vind wat die Here se wil vir jou lewe is en om agter te kom watter gawes jy het. Dit is ʼn groot uitnodiging na selfontdekking en aanvaarding, en om jou lewe in te rig volgens dit wat jy kan doen.

Day 10Day 12