YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 8 OF 12

DAG 8

"Alhoewel die mens en sy vrou sonder klere was, was hulle nie skaam vir mekaar nie" Genesis 2:25 .

Hulle was nie skaam nie. In die verhouding is daar kwesbaarheid en openheid.

Elkeen van ons doen sy bes om agter 'n masker weg te kruip. Sommige mense gebruik hul intelligensie as 'n masker. Ander gebruik onkunde. Sommige verbloem hulself in besigheid, in hul werk, in hul bekwaamheid en sukses. Sommige mense het hoë-tegnologie maskers. Sommige mense se masker is spiritualiteit of godsdiens. Wat is jou masker? As jy nie seker is nie, kan die mense naaste aan jou vir jou sê.

As jy 'n masker voor jou hart dra, as jy regtig goed raak om uit te vind wat ander mense wil hê en dit dan gee, as jy die kuns vervolmaak om die regte soort beeld te projekteer — kan jy sommige mense beïndruk. Jy sal egter elke dag 'n bietjie minder lewendig wees. Jy mag mense beïndruk, maar jy sal nie na in verhoudinge tree nie.

’n Vriend van my het gesê dat een wonderlike ding van kinders is dat hulle nie geleer is om hul gesigte te bestuur nie. Of die roomysbakkie kom, of hulle spinasie eet, of daar 'n monster onder hul bed is — hulle gesigte vertel jou wat in hul harte is.

Wanneer ons ouer word, leer ons om ons gesigte te bestuur. Ons leer om goed weg te steek. Ons oefen ons gesigte om selfversekerd te lyk wanneer ons harte bang is, om sterk te lyk wanneer ons hartseer is. Die ironie is dat ons aangetrokke is tot mense wat met kwesbaarheid leef.

Om kwesbaar in verhoudinge te wees is om die moed te hê om op te hou voorgee en almal in my lewe te probeer tevrede stel. Dis om die moed te hê om, wanneer ek verkeerd is, dit nie weg te steek nie, maar dit openlik te erken en te bestuur. Dis om die moed te hê om te erken as ek swaarkry, misluk of sukkel.

Ek dink altyd aan Jesus in een van die moeilikste oomblikke van sy lewe — in die tuin van Getsemane is Hy bereid om kwesbaar te wees teenoor dié wat die naaste aan Hom was: "My siel is oorweldig, dit is oorweldig met droefheid tot die dood toe, bly hier saam met my." Kan jy dink wat met die dissipels saam met hom gebeur het? Was jy al saam met iemand waarna jy opkyk — wat altyd sterk is en leiding gee — en skielik is hulle kwesbaar en deel hul hart met jou. Daar kom vertroue, aanvaarding en liefde in die verhouding.

Ons kan nie in verhoudinge tree as ons nie die moed het om kwesbaar te wees nie.

Day 7Day 9