YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 7 OF 12

DAG 7

Toe God Adam se metgesel gemaak het, was dit nie iemand wat presies dieselfde as hy was nie.

"Van die ribbebeen maak die Here God toe ’n vrou en bring haar na die mens toe" Genesis 2:22 .

Soveel kere wil ons net die verhoudinge kies wat vir ons werk. As mense nie doen wat ek sê of hoe ek dit wil hê nie dan loop ek weg. Dit werk nie vir my nie — maar God het nie vir Adam ‘n identiese metgesel gegee nie. Hy het eerder vir hom ‘n spieëlbeeld gegee. Interessant, die Hebreeuse woorde "ezer kenegdo" wat hier in die Skrif vir metgesel gebruik word, kan vertaal word as ‘n spieëlbeeld. Fundamenteel is 'n spieëlbeeld presies dieselfde beeld in 'n refleksie, maar die refleksie is natuurlik ook presies die teenoorgestelde van die oorspronklike. As ek my regteroog knip, knip die refleksie se linkeroog vir my terug.

Sy was soos hy, maar sy was anders as hy. Ons sien in Genesis 3 die ontnugtering in ‘n verhouding tussen mense wat die teenoorgestelde van ons is, dink en optree. Daar kom ‘n versteuring in die verhouding. Daarom is dit belangrikheid om jouself tot 'n verhouding toe te wy, te verbind.

Hoekom moet ek 'n belofte aflê as ek met iemand trou? Omdat ons in die lewe weet dat daardie verbintenis deur ons andersheid getoets en uitgedaag gaan word. Dit neem my na ‘n verantwoordelikheid teenoor die ander — om te kies selfs al voel ek nie daarna nie.

Het jy al na die vroeë kerk in die Nuwe Testament gaan kyk? Het jy al agtergekom hoe verskillend almal daar is? Hoe divers? Jood en heiden. Manlik en vroulik. Oud en jonk. Vry en slaaf. Almal word deel van die gemeenskap. Heeltemal anders, maar een ding in gemeen — Jesus — en die verbintenis om Hom te volg en dit saam met mekaar te doen.

Jakobus, Jesus se broer, moes iets geleer het van Jesus se manier van in verhouding leef met mense wat anders was as hy — die dissipels, Romeine, siekes, geleerdes, uitgeworpenes. Hy skryf en sê:

"You can develop a healthy, robust community that lives right with God and enjoy its results only if you do the hard work of getting along with each other." James 3:18 MSG

Dis harde werk, dis nie altyd maklik en soos ek dit verkies nie, maar ons kan nie in verhoudinge wees sonder ‘n verbintenis nie.

Day 6Day 8