YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 12 OF 12

DAG 12

Kyk om jou, want jy is geroep. “Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.”

Jy is ʼn plek gegee om te funksioneer. Raak bewus van die plek. Ons is op hierdie tyd op hierdie plek. As jy kan agterkom wat die plek is en wat die plek se behoefte is — die mense, die sisteme, die natuur, alles wat om jou is, die gebrokenheid, dan het jy al iets bereik. Dinge het skeefgeloop. Jesus is besig om dit reg te maak deur middel van sy volgelinge en Hy nooi jou uit en sê vir jou: “Sien die behoefte raak.” As jy hierdie groot stap kan neem om die behoefte wat daar is en die gawe wat jy het bymekaar te kan uitbring, het jy jou roeping in die lewe ontdek en dit bring groot blydskap.

Buechner sê: “The place God calls you is the place where your deep gladness and the world’s deep hunger meet.” Dis die plek waarvoor jy geroep is. Dit gaan dus nie net oor waarvan ek hou en wat ek kan doen nie, maar dit gaan ook oor wat die behoefte is en om die twee bymekaar te kan bring.

Jy kan nie die behoefte om jou sien as jy net na jouself kyk nie. Kyk om jou.

Ons gaan deur die lewe en ons wil geseën word. Oral waar ons gaan vra ons vir mense: “Sien my raak, erken my, gee iets vir my.” Dis goed om so te begin, maar jy moet verder gaan met jou lewe. As jy regtig JY wil word, as jy die lewe ten volle wil leef, moet jy verder gaan, buite jouself en iemand word wat nie net ontvang nie, maar ook gee. Partykeer sien ons die behoefte om ons, maar ons wil onsself nie toelaat om te voel nie. Ons is partykeer te bang dit gaan ons oorweldig. Dit maak ons morbied. Ons weet nie wat om te doen daaraan nie. As jy jou egter toelaat om te voel, dan word ʼn ander persoon se lyding vir jou 'n realiteit.

Dit kos ʼn prys, energie en reserwes. Jy word ʼn medewerker. Jy doen iets wat ʼn groot verskil kan maak in ander se lewens. Jy word uitgenooi om te kyk — na God, na jouself en na wat om jou gebeur.

Day 11