Die Belangrikheid Van GebedSample
Wy Jou Toe aan Lofprysing
Lees: Psalm 100
SOAP: Psalm 100:4–5
Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.
Oordenking
Terwyl ons ons toewy aan 'n gebedslewe, moet ons ons ook toewy aan 'n lewe van lofprysing. Gebed is nie net om ons versoeke voor God te bring nie, maar om sy heiligheid en lofwaardige karakter te erken. 'n Volledige gebed bevat toegewyde lof aan God.
Psalm 100 is 'n toegewyde lofpsalm. Die psalm is spesifiek geskryf om God met vreugde te dank en Hom met blydskap te prys. Hierdie psalm is 'n gebed van lofprysing tot God, wat Hom die aanbidding gee wat Hy verdien. God is goed vir ons, ongeag wat die wêreld of ons omstandighede vir ons sê, en ons kan Hom altyd met lof nader.
Selfs as die lewensomstandighede moeilik of oorweldigend is, moet ons ons God loof. Sy karakter verander nie met ons omstandighede nie. As ons Hom loof, verkondig ons sy heiligheid, goedheid, liefde, krag, majesteit, getrouheid en sorg vir ons lewens. As ons lewens van lofprysing getuig, sien ons nie net alles in die lig van God se plan en doel met ons lewens nie, maar verkondig ons die goedheid van God aan die mense om ons, ongeag die omstandighede.
God hoor al ons gebede. As ons tyd neem om op te hou vra en Hom eerder prys vir wie Hy is, neem ons ons gedagtes en harte af van ons eie behoeftes, en fokus ons op Hom. Hy is die bron van vreugde, goedheid, liefde en blydskap wat ons soek. Hy alleen kan ons tevrede stel, en 'n lewe toegewy aan lofprysing help ons om sy liefde en trou aan ons te onthou.
Watter verandering sal in jou lewe plaasvind as jy daarop fokus om God daagliks te loof?
Gebed
Vader God, ek dank U vir u vreugde. Dankie dat U my daaraan herinner het dat u barmhartigheid en waarheid oorvloedig en maklik in my lewe beskikbaar is. Dankie dat U my gewys het dat U genoeg is. Here, wys my hoe om te wandel in die kennis van u liefde. Dankie vir u geduldige en tere liefde en sorg. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More