Die Belangrikheid Van GebedSample
Wy Jou Toe Om Verwagtingsvol Te Wag
Lees: Psalm 5; Spreuke 8:17
SOAP: Psalm 5:4
U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.
Oordenking
In hierdie innige Psalm het Dawid 'n gebed tot die Here gebid. Hy het God gesmeek om sy klagte aan te hoor en aan hom aandag te gee. Hy het in die oggend nadat hy wakker geword het dadelik sy saak voor die Here bepleit en God gevra om hom te hoor. Toe het Dawid vol afwagting op 'n antwoord gewag.
Hierdie psalm gee ons 'n patroon en gids vir gebed. Dawid het dadelik gebid toe hy wakker geword het. Elke dag wat God ons wakker maak, kan ons Hom ons dank, ons toewyding en ons liefde betoon. Ons het ook die voorreg om elke dag ons saak voor die Here te lê. Hy gee vir ons om en sal ons deur die dag bewaar en lei. Ons kan Hom aanbid deur ons besorgdheid en kommer voor Hom neer te lê, sowel as ons dankbaarheid en ons lof.
Net soos Dawid, het Jesus ook so geleef. In die evangelies sien ons baie keer dat Jesus vroeg in die oggend opstaan om tyd saam met God deur te bring. Hy het na sy Vader gegaan voordat enigiets anders die kans gehad het om Hom af te lei. Ons kan ook vroeg in die oggend na God gaan, tot Hom bid en sy leiding soek.
Wanneer ons desperaat is dat die Here in ons lewens moet ingryp, kry ons tyd om te bid en Hom te soek. In ons daaglikse lewe is dit nie altyd ons eerste instink nie. Mag 'n patroon van onmiddellike gebed en lof iets wees wat ons lewens kenmerk, ongeag ons omstandighede.
Sal jy die Here vra om jou te help om 'n patroon van aanbidding en gebed in die vroeë oggendure te vestig?
Gebed
Vader God, ek dank U dat u genade elke oggend nuut is. Here, bewaar en lei my dag. Hou my gefokus om my lig te laat skyn op almal wat u liefde moet ken en ervaar. Ek bid vir 'n uitstorting van u vrede en liefde in my lewe en die lewens van die mense om my. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More