YouVersion Logo
Search Icon

Die Alfabet Van OorvloedSample

Die Alfabet Van Oorvloed

DAY 4 OF 7

Huis

Lees Josua 24:15

Oordenking

Iemand se huis is meer as ’n woonplek. “Huis” vertel van geborgenheid. Van versorging. Van gesin-wees. Van liefde. Dit is ’n troosplek en ’n veilige beskutting teen die ongenaakbaarheid van die wêreld.

Dit maak nie saak hoe klein of hoe groot hierdie ruimte is nie. ’n Huis behoort ’n hawe van rus te wees vir elkeen wat sy of haar voete oor die drumpel sit.

Om te verhuis is meer as ’n liggaamlike verskuiwing. Wanneer jy ’n geliefde woonplek agterlaat, vind daar ook skuiwe in jou binneste plaas. Jy word met jouself gekonfronteer. Jy besin oor dit wat regtig betekenis aan jou lewe gee. Jy vra jou af: Wat is belangrik? Wat nié? Wat neem ek saam? Wat laat ek agter?

In dié proses kom jy by jou kern uit. Wie is ek? Wat het ek nodig om te kan leef en om te kan oorleef?

Vir God se huisgesin kom dié gerusstellende wete: My Vader stap vooruit. Hy skep vir my ’n tuiskomplek. ’n Hartsruimte waar ek en my kinders kan weet ons is sy geliefdes.

Soos ’n pa voorsien Hy in die doodgewone dinge van elke dag, in klein en groot behoeftes. Hy vul ook ons lewenshuis met die gawes van sy Gees. En met Homself.

Hy is self ons tuiste.

Stilword

Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. Selfs ’n mossie het ’n nes en ’n swaeltjie ’n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God! Dit gaan goed met mense vir wie u huis ’n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie.

– uit Psalm 84:2-5

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Die Alfabet Van Oorvloed

’n Oorvloed lewenservarings vertel van die genade wat God vir jou het. Dié groeiplan maak jou bewus van hierdie ervarings. Dit wys vir jou dat jy in die gewone loop van ’n dag ook genade kan vind. Maak vir jou ’n koppie koffie of tee en word stil by God. Laat die gloed van sy teenwoordigheid deursyfer tot teen jou vel, tot in jou hart en in jou gedagtes.

More