Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Alle sekerheid bring die dood van iets. Wanneer ons ‘n sekere opvatting het, maak ons God in ons lewens dood, want ons glo nie in Hom nie, ons glo ons eie opvatting oor Hom en doen wat Job se vriende gedoen het – plaas God en die menslike lewe op dieselfde standaard as ons eie opvattings en nie op God se standaard nie. Die hopeloosheid van professionele godsdiens is dat daar geen ruimte vir verrassings is nie. Ons beperk God tot sy wette en kerklike leerstellings en die orde waarin dienste moet verloop, gevolglik sien ons glad nie vir God raak nie.
Wanneer ons in goedheid of edelheid vertrou in plaas daarvan om op God te vertrou, vind ons onsself ewe skielik in ‘n wildernis. Die gesindheid van ‘n Goddelike lewe is om geen vertroue in enigiets of iemand anders te plaas as in God nie.
Oordenkingsvrae: Watter vals sin van vertroue is ek bereid om te laat sterf sodat my vertroue in God ten volle kan lewe? Op watter maniere plaas ek my hoop op godsdienstige praktyke eerder as in die krag van die opgestane Christus?
Aanhalings uit: "The Love of God" en "Notes on Jeremiah", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org