Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

‘n Christen is iemand wat te midde van probleme en onrus met die heerlikheid van God binne hom kan lewe, terwyl hy standvastig na die dinge kyk wat nie gesien kan word nie. Ons moet leer om aan dinge wat gesien kan word, slegs te dink as ‘n geleentheid wat ons in staat stel om te konsentreer op dit wat nie gesien kan word nie. Laat die probleme en moeilikhede dan werk soos hulle wil. Ons is oortuig daarvan dat hulle ‘n groter mate van heerlikheid in die hemele bewerk.
Dit is onsinnig om te dink dat God van my verwag om alles te onderskei wat in sy eie gedagtes duidelik is. Al wat Hy van my vra is om Hom ten volle te vertrou. Geloof spruit uit die inwoning van die lewe van God in my.
Oordenkingsvrae: Hoe gee die heerlikheid van God wat binne my is, aan my die hoop dat ek nooit verlore sal raak in die swart leegheid van die wêreld buite my nie?
Aanhalings uit: "The Love of God" en "Our Portrait in Genesis", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org