Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Geluk is iets wat kom en gaan, dit kan nooit op sigself ‘n einddoel wees nie; nie geluk nie, maar heiligheid is die einddoel van die mens. God se doel in die skepping van die mens is dat hy "God verheerlik en vir ewig in Hom bly sal wees." ‘n Mens sal nooit vreugde ken totdat hy in die regte verhouding met God staan nie. Satan beweer dat hy die mens sonder God tevrede kan stel, maar al waarin hy slaag is om geluk en plesier te gee, nooit vreugde nie. Ons lewens beteken veel meer as wat ons ooit kan sê, dit vervul ‘n sekere doel van God waarvan ons niks weet nie; ons rol is om met ons hele hart op die Here te vertrou en nie op ons eie insigte staat te maak nie.
Aardse wysheid kan nooit naby die drumpel van die Goddelike kom nie; as ons kort voor die Goddelike stop, stop ons kort voor God se doel vir ons lewens.
Oordenkings Vrae: Bring ek meer tyd en energie deur in my soeke na my “reg” tot geluk of na God se roeping tot geregtigheid? As ek net hoop op geluk, waarop kan ek dan uitmis?
Aanhalings geneem uit Bringing Sons to Glory, © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org