Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Een van die grootste inspanninge van die lewe is die inspanning om op God te wag. God vat die heiliges soos ‘n boog wat Hy strek tot op die uiterste waar die heilige sê: “Ek kan dit nie meer uithou nie,” maar God laat los nie, Hy hou aan strek, omdat Hy na sy doel mik, nie ons s'n nie, en die geduld van die heiliges is dat hulle "uithou" totdat God die pyl afskiet.
Bly standvastig en getrou aan God en Hy sal sy waarheid na vore bring op ‘n wyse wat van jou lewe ‘n sakrament sal maak, met ander woorde, die inwonende teenwoordigheid van God sal sigbaar word deur die eenvoudige elemente van jou lewe, maar jy moet op Hom wag.
Oordenkingsvrae: Op watter maniere word ek gestrek? Hoe sal dit minder spanningsvol wees as ek ontspan en ophou teëstribbel? Hoekom voel ek dat ek moet hardloop as ek in die moeilikheid is, eerder as om standvastig te bly staan?
Aanhalings uit: "God’s Workmanship", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org