Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 26 VAN 30

Die dissipels het alles vir Jesus opgeoffer; hulle het Hom vir drie jaar gevolg; Petrus en die ander dissipels dink dit is nou die tyd dat Hy sy koninkryk gaan aankondig. In plaas daarvan eindig alles in vernederende onbeduidendheid. Petrus sou nooit kon droom dat hy sou sien hoe Jesus Christus Homself nederig oorgee aan die wêreld se magte nie. Sy hart was gebreek en hy “volg Hom op ‘n afstand“. Om Petrus ‘n lafaard te noem omdat hy Jesus op ‘n afstand gevolg het, is ‘n aanduiding van hoe ons praat sonder om te dink. Petrus en al die dissipels was hartseer; alles waarop hulle aangaande Jesus gehoop het, het misluk en nou is hulle grootste vrees bewaarheid.

Sedert Petrus het baie Christene hartseer ervaar, nie omdat hulle enigiets persoonliks vrees nie, maar omdat dit lyk asof die Here God aan die kortste end trek.

Oordenkingsvrae: Watter omstandighede laat my dink dat God die stryd teen die bose verloor? Wat vertel Christus se dood en opstanding vir my oor God se mag oor die bose? Watter vrees het ek wat nie oorkom is deur die hoop van die opstanding nie?

Aanhalings uit" "He Shall Glorify Me", © Discovery House Uitgewers
Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org