Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Die enigste plek van vertroue is persoonlike vertroue in God en deur geduldig op Hom te wag. Een van die dinge wat ons moet afleer is die idee van oordeel. Ons leer dit nie uit die Woord van God nie; met ander woorde, die idee dat God wraaksugtig is. Ons Here het nooit gepraat uit persoonlike wraaksug nie, Hy het gepraat vanuit kennis van die ewige beginsels van God, wat onverbiddelik is. Om in die goedheid van God te vertrou is nie genoeg nie, dit is nie ewig en blywend nie; ons moet God vertrou, Hy is oneindig meer as goedheid.
Daar is ervarings in die menslike lewe wat nie deel van God se doel is nie, maar wat die resultaat van menslike wederstrewigheid is. Onthou: vertroue in God beteken nie dat God sy uitkoms aan ons gaan verduidelik nie, dit beteken dat ons ten volle op God vertrou en wanneer ons wel die uitkoms sien, vind ons dat dit ten volle in lyn is met wat Christus aan ons openbaar het aangaande sy karakter.
Oordenkingsvraag: As ek werklik glo dat God beter is as die beste en sterker as die sterkste, waarom vertrou ek nog op my eie insig?
Aanhalings uit: "Notes on Isaiah" en "Our Portrait in Genesis", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org