Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Geen opoffering van die mens se kant af kan die basis van die menslike lewe herstel nie: God het hierdie verantwoordelikheid op Homself geneem, en Hy doen dit op 'n bevrydende wyse. Stel jouself 'n man voor wat die hel sien, sonder om terselfdertyd ook die verlossing wat daar in Jesus Christus is waar te neem — hy is nie helder van verstand nie. Pseudo-evangelisme maak ‘n reuse fout wanneer dit daarop aandring dat die oortuiging van sonde die eerste stap na Jesus Christus is. Wanneer ons op die punt gekom het waar ons Jesus Christus sien, kan Hy ons vertrou om ons sondes in die gesig te staar.
Ons geloof is in ‘n Persoon wat nie misleidend is in enigiets wat Hy sê of in die manier waarop Hy na dinge kyk nie. Christenskap is 'n persoonlike, passievolle toewyding aan Jesus Christus – God wat vlees geword het.
Oordenkingsvrae: Hoekom is dit belangrik dat mense eers vir Jesus sien voor hulle hul sondes bely? Hoe kan enigeen hopeloosheid herken sonder om eers hoop te sien?
Aanhalings uit: "Baffled To Fight Better" en "Approved Unto God", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org