Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 12 VAN 30

Ons almal het iemand nodig wat ons kan herinner aan die beeld wat ons van God gehad het, maar vergeet het. Die enigste Een wat dit vir ons kan doen is die Gees van God. Jesaja herinner die mense in die eerste plek aan wie God is; jy kan nie geloof in iemand hê van wie jy vergeet het nie. Ons het nie God se belofte nodig nie, ons het Hom nodig. “Sy teenwoordigheid is verlossing.” Die oomblik wat daardie teenwoordigheid kom, kom daar ook hoop.

Sodra ek sê: “Ek wil eers hierdie ding uitwerk voordat ek kan vertrou,” sal ek nooit vertrou nie. Die volmaaktheid van kennis kom eers nadat ons op God gereageer het. Die hele Nuwe Testament, deur die inspirasie van die Heilige Gees, verklaar aan ons waar die almagtige God se verlossing ons geplaas het.

Oordenkingsvrae: Met Kersfees sê ons: “God se teenwoordigheid is belangriker as geskenke.” Begeer ek regtig eerder sy teenwoordigheid as sy geskenke? Watter geskenk van kennis wil ek eerder hê as vir God self?

Aanhalings uit: "Notes On Isaiah" en "God’s Workmanship", © Discovery House Uitgewers
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org