Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

As jou hoop teleurgestel word beteken dit dat dit besig is om gesuiwer te word. Daar is geen edele gedagte wat die mens ooit van gehoop of gedroom het, wat nie vervul sal word nie. Moenie te vinnig gevolgtrekkings maak nie; baie dinge is onopgelos, en die grootste toets is dat dit lyk asof God heeltemal onverskillig staan. Bly geestelik vasberade.
In die Bybel vind jy nooit die gevoel van pessimisme nie. Te midde van die mees neerdrukkende omstandighede is daar altyd ‘n verstommende hoop en diepgaande vreugde, want God is daarin Die doeltreffende werking van verlossing, laat ons dans van vreugde te midde van dinge wat ander mense slegs sien as rampspoed.
Oordenkingsvrae: Watter gevolgtrekkings aangaande God veroorsaak dat ek hoop verloor? Watter omstandighede laat my dink dat God onverskillig staan? Hoekom vereis die hoop van verlossing dat ons deur moeilike omstandighede gaan?
Aanhalings uit: "God’s Workmanship" en "The Highest Good", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org