Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 17 VAN 30

Die besef dat my krag ‘n belemmering vir God se voorsiening van lewe is, is ‘n groot openbaring. ‘n Baie slim man is geneig om eerder op sy eie verstand te vertrou as op God. ‘n Man wat geld het is geneig om eerder op sy geld te vertrou as op God. So baie van ons vertrou eerder op dit wat ons in die vorm van besittings het, in plaas daarvan om ten volle op God te vertrou. Al hierdie bronne van krag is bronne van dubbele swakheid. Wanneer ons besef ons ware lewe is “verskuil met Christus in God,” dat ons “volkome in Hom,” is in wie “alle volheid van die Godheid beliggaam is,” dan sal sy krag sigbaar raak in ons sterflike vlees.

Die groot struikelblok wat sommige mense verhoed om dissipels te wees, is die feit dat hulle begaafd is; so begaafd dat hulle God nie wil vertrou nie. Verwyder dus al daardie gedagtes uit dissipelskap; ons het almal presies dieselfde voorregte, en daar is geen perke aan wat God in en deur ons kan doen nie.

Oordenkingsvrae: Op watter wyse vertrou ek eerder God se gawes as vir God self? Wat kan God van my verwag om te doen wat buite my sterkpunte lê?

Aanhalings uit: "God’s Workmanship" en "If Thou Wilt be Perfect", © Discovery House Uitgewers
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org