Hartseer Happe: Twyfel OnthulVoorbeeld

Grief Bites: Doubt Revealed

DAG 6 VAN 7

‘n Kragtige eerste stap om te neem wanneer twyfel toeslaan, is om heeltemal eerlik te wees, met jouself en met God.
Toe God aan my uitgewys het dat twyfel besig was om ‘n wig tussen Hom en my te veroorsaak, het ek geweet dat ek iets daaraan moes doen. Ek het ‘n lys begin maak van elke situasie waarin ek God betwyfel het.
Soos wat ek opreg ‘n voorraadopname van my lewe, situasies en twyfel begin neem het, het ek gesien dat die probleem veel groter is as wat ek besef het.
Raak vandag stil voor God en neem ‘n opregte voorraadopname van jou hart. Vra God om elke twyfel waaraan jy vashou aan jou te ontbloot. Sluit dinge in van die verlede wat jou vertroue in God skade berokken het, huidige omstandighede en ook toekomstige dinge wat jou bekommerd maak.
Gaan deur jou lys met God ... een vir een ... en na elke item wat jy genoem het, vra God om jou te vergewe en om jou te help. Gee elke item of omstandigheid oor aan God en vra Hom om elkeen te laat uitwerk volgens sy doel.
Skeur dan jou lys stukkend en vra God om jou ten volle vry te maak van enige twyfel, bekommernis of vrees.
Wanneer twyfel, bekommernisse of vrees in die toekoms kop uitsteek, bid onmiddellik en vra God om in te tree.
Gee onmiddellik jou vrees, bekommernisse en twyfel vir Hom en kies om te vertrou in sy goedheid, sy liefde en sy doel.
Ontwikkel ‘n nabye, liefdevolle verhouding en vriendskap met die Here.
Soos jou liefde vir Hom ontwikkel, groei vertroue as ‘n natuurlike byproduk.
Hoe groter die liefde, hoe groter die vertroue ... en hoe groter die vertroue, hoe groter die dankbaarheid in ons harte teenoor God.
Vertroue, dankbaarheid en liefde is inderwaarheid geestelike spiere. Hulle moet elke dag versterk word.
Ons kan God vertrou ... Hy is meer as betroubaar.
Ons kan dankbaar wees teenoor God ... Hy is so goed vir ons.
Ons kan ‘n dinamiese liefdesverhouding met God hê ... sy liefde is ‘n waardevolle skat. Hy wil die heel beste hê vir elkeen van ons!
God IS goed. Hy is ‘n waardevolle skat!
Bring elke dag tyd deur met God en lees sy Woord. Ontwikkel ‘n opregte liefdesverhouding en vriendskap met Hom. Dank God vir elke goeie ding in jou lewe. Soos wat jy dieper in God in delf, sal opregte vertroue die skat wees wat jy vind.
Onthou dit: God is in staat om onmeetbaar meer te doen as wat ons ooit kan vra, dink of voorstel! Hy is nog nie klaar met jou of met jou situasie nie! Vra Hom om jou deur jou twyfel te help ... Hy is werklik in beheer daarvan!
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Doubt Revealed

Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.

More

We would like to thank Grief Bites for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com