Hartseer Happe: Twyfel OnthulVoorbeeld

Grief Bites: Doubt Revealed

DAG 4 VAN 7

Twyfel en vrees loop gewoonlik hand aan hand. Beide getuig van ‘n gebrek aan vertroue en ‘n gebrek aan liefde.
Wanneer twyfel en vrees ons bekruip, is dit ‘n teken dat ons onsself moet afvra of ons versuim om God te vertrou ... of versuim ons om Hom werklik lief te hê? Versuim ons dalk om te glo in sy perfekte liefde vir ons?
Liefde word perfek gemaak in God. Ons hoef nie te vrees of te twyfel oor die verlede, die hede of die toekoms nie.
Hy laat werklik dinge ten goede uitwerk as ons Hom liefhet en soek na sy hart.
Ons dien ‘n ongelooflike, wonderlike en kragtige God ... ’n God wat so baie omgee dat Hy elke sekonde van die dag by ons is. Hy slaap nooit nie en Hy vat nooit ‘n oomblik af nie.
Hy verlaat ons nooit nie. Hy laat ons nooit in die steek nie.
Hy is nooit wispelturig nie.
Hy het ons werklik baie lief en Hy gee om oor elke fyn besonderheid van ons lewens ... niks word uitgesluit nie. Ons dien ‘n alles-inklusiewe God!
Wanneer ons twyfel kies ons om te glo dat God nie ons beste belange op sy hart dra nie. Ons betwyfel sy ongelooflike liefde vir ons.
Besef jy hoe groot sy liefde vir jou is?
Sy liefde is dieper as die dieptes van die see ... wyer as die hele aarde ... en hoër as die hemele!
Hy bemin jou meer as wat jy ooit kan begryp.
Jy hoef nie langer te vrees of te twyfel nie. Hoe meer jy verlief raak op God, hoe minder vrees, bekommernis of twyfel sal jy ervaar. Liefde is die teenmiddel. Proe en sien dat die Here goed IS! Sy liefde is die beste!
Watter twyfel, bekommernis of vrees moet jy vandag met God deel? Ek moedig jou aan om al jou vrees, bekommernisse en twyfel ... elke situasie wat jou hart of jou gees gebreek het ... vandag voor God se voete neer te lê.
Gee vandag ALLES aan Hom oor!
Val in sy arms en kies om Hom te vertrou!
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Doubt Revealed

Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.

More

We would like to thank Grief Bites for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com