Hartseer Happe: Twyfel OnthulVoorbeeld
Die Woord van God sê vir ons dat, wanneer ons twyfel, God nie verplig is om ons gebede te beantwoord oor die situasie waarin ons om hulp vra nie.
Die Bybel beskryf twyfel as ‘n dubbelhartigheid. Om die waarheid te sê, God sê selfs dat ons nie eers ‘n antwoord moet verwag nie.
Wanneer ons besef dat ons God betwyfel en ons doen niks daaraan om ons twyfel te oorkom nie, is dit ‘n klap in God se gesig, in sy goedheid en in sy karakter. Ons plaas Hom as te ware benede ons wanneer ons verkeerdelik glo dat ons beter weet as die Heilige God wat ons geskape het. God hou die hele wêreld in orde. Hy laat die son elke oggend opkom en Hy laat die maan elke aand skyn. Hy hou die hele wêreld, die ganse skepping en die seisoene elke dag aan die gang, sonder enige hulp of insette van ons.
Twyfel laat ons glo dat dit beter sou wees as ons in beheer was. Is dit nie vreeslik arrogant van ons om te dink dat ons beter weet as God nie?
Maar hoekom laat God situasies toe wat poog om ons te laat twyfel?
Wanneer God ons skape, lê Hy al ons dae voor Hom uit. Niks waardeur ons in hierdie lewe gaan is vir God ‘n verrassing nie.
As Hy nie waarde in ‘n situasie sien nie, sal Hy dit nie toelaat nie.
Daar is geen situasie waarin God nie ten volle in beheer is nie. God vermors nooit enige situasie waardeur ons moet gaan nie. ELKE situasie het die potensiaal om ons of ander te help.
Ons het nie die vermoë om die hele prentjie van ons lewe te sien nie ... en ons lewens is nie selfs tot onsself beperk nie ... of beperk tot die aarde nie. Nee, daar is ‘n VEEL groter prentjie!
Ons lewe op aarde sluit die ewigheid in en ons lewens het ‘n impak op die toekomstige generasies.
Nie een van ons bestaan slegs vir die “hier en nou” nie ... en elkeen van ons se lewens sal voortleef in ons nalatenskap vir die toekomstige generasies.
Die situasies wat ons in ons lewens beleef het ‘n veel groter doel as wat ons ooit kan dink ... om die waarheid te sê, van dit wat ons nou beleef mag eers ‘n toekomstige doel hê.
Ons KAN God vertrou! Ons is nie op aarde vir onsself, ons gerief of ons heelheid nie. Gerief en heelheid is belofte van wat later in die Hemel kom.
Selfs al lyk dit of die lewe nooit beter sal raak nie ... dit kan! Wanneer jy voel dat jy die pad byster is, kan dit waarlik ‘n baie goeie ding wees! Dit is ‘n teken om jou te waarsku dat jy op die verkeerde pad is en dat jy in jouself, of iets ... of iemand ... anders vertrou, eerder as in God.
Twyfel kan die grootste omwenteling wees wat ons kan slinger tot in ‘n ryker vertroue in God ... en ‘n dieper verhouding met Hom!
Laat jou twyfel toe om jou gesindheid te verfyn.
Elke keer wanneer jy twyfel beteken dit nie noodwendig dat jy nie vertrou nie ... dit beteken dat jy jou vertroue in die verkeerde dinge of mense plaas.
Gebruik van nou af jou twyfel as ‘n teken om met God te praat en om op die regte pad met Hom te kom!
Kies vandag om die Here te vertrou met jou hele hart!
Hou aan om deursigtige hart-tot-hart gesprekke met God te hê. Soek Hom met alles wat jy het!

Aangaande hierdie leesplan
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.
More
We would like to thank Grief Bites for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com