Hartseer Happe: Twyfel OnthulVoorbeeld
![Grief Bites: Doubt Revealed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F954%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Twyfel is ‘n baie ongewilde woord in die Christen-gemeenskap. Die meeste Christene sal bang wees om enige vorm van twyfel te erken, omdat hulle skuldig voel dat hulle enigsins twyfel ervaar en ook uit vrees vir die oordeel van ander.
Wanneer twyfel sy kop begin uitsteek, kan baie dit sien as ‘n gebrek aan geloof ... of ‘n gebrek aan vertroue in God en sy Woord ... daarom sukkel hulle maar in stilte voort. In hierdie stille gesukkel kan dit gebeur dat hulle begin stagneer in hul wandel met God.
Dit is noodsaaklik om te weet hoe om ons twyfel te hanteer, sodat ons 'n ryke verhouding met God tot die uiterste van ons vermoë kan ervaar.
Dink diep na oor die twyfel wat jy vandag ervaar.
Twyfel jy dat God:
Jou gebroke hart kan heel ... jou huwelik kan red ... jou finansieel kan help ... jou kan vergewe ... jou ten volle kan aanvaar ... jou gebroke siel kan herstel ... kan werk in die lewe van ‘n rebelse eggenoot of kind ... kan voorsien ... kan werk in enige ander situasie wat besig is om jou binnekant uitmekaar te skeur?
Ek het in sommige situasies oor God getwyfel ... en ek het toe nie eens besef dat ek dit doen nie. Daar is baie redes waarom ons twyfel.
Baie mense twyfel dat God regtig omgee. Het jy egter geweet dat God werklik vanuit die hemel afbuig om ons gebede, ons hartseer, ons besorgdhede en selfs ons vrae, aan te hoor?
God is so goed! Hy het nie nodig om af te buig om ons te hoor nie, maar in sy groot liefde is Hy gewillig om dit te doen. Het jy geweet dat God elke traan wat jy al ooit gestort het opvang en dat Hy elke hartseer wat jy al ooit ervaar het opskryf?
God gee werklik opreg om oor al jou hartseer en elke opregte vraag of versoek wat ons het. Hy gee om vir elkeen van ons in elke situasie waarvoor ons te staan kom ... verlede, hede en toekoms. As jou verhouding met God begin stagneer het, kan twyfel die oortreder wees.
Wonder jy hoe God ‘n twyfelaar behandel?
In sy Woord wys God vir ons ‘n voorbeeld van liefdevolle genade aan die mees bekende twyfelaar, Tomas.
Dink vandag ernstig oor jou twyfel en noem dit op die naam. Vra God om enige twyfel wat jy in jou hart mag dra, aan jou te openbaar. Wees absoluut eerlik en deursigtig. Die antwoord(e) wat God aan jou openbaar, mag jou verras.
Kies vandag, soos Tomas, om jou twyfel na God te neem en dit in sy hande te plaas. Hy weet reeds wat in jou hart is, dus kan jy eerlik wees. Die beloning is werklikwaar ‘n dieper verhouding met Hom!

Aangaande hierdie leesplan
![Grief Bites: Doubt Revealed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F954%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.
More
We would like to thank Grief Bites for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com
Verwante Leesplanne
![Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4813%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom
![Oorwinning Deur Middel Van Swakheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3594%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oorwinning Deur Middel Van Swakheid
![Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3595%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
![Hartseer Oorlewende](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1218%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hartseer Oorlewende
![Bloedsuiers in Verhoudinge](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11873%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bloedsuiers in Verhoudinge
![Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3334%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?
![Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige Gebede](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1286%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige Gebede
![Almal wil wen, maar niemand wil wag nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4436%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Almal wil wen, maar niemand wil wag nie
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)