Hartseer Happe: Twyfel OnthulVoorbeeld
Twyfel is ‘n moeilike en miserabele plek om te wees ... en stadigaan vernietig dit ons gemeenskap met God.
Geestelik is twyfel ‘n ”stille moordenaar” van ons siel. Daar is vele punte van oorsprong vir twyfel. Dit kan ‘n verwerkings meganisme wees in ‘n situasie wat te moeilik is om te hanteer ... ’n desperate uitroep om hulp na ‘n baie slegte ondervinding ... of ‘n arrogante houding van trots wat glo dat God meer aan ons verskuldig is.
Ons kan twyfel dat God werklik in ons lewens wil werk of dat Hy ons wil bystaan in die moeilike omstandighede waarin ons onsself mag bevind ... wie is ons in elk gevoel in vergelyking met God?
En wat van die tye waar ons bygedra het tot ons moeilike omstandighede deur onwyse besluite wat ons in die verlede geneem het? Los God ons maar om vasgevang te wees in die gevolge, sonder enige genade of vergifnis? Glad nie.
Dit is verstaanbaar dat mens na ‘n verskriklike verlies gevoelens van twyfel sal ervaar. Dit neem tyd om tot terme te kom met ‘n situasie wat jou hart gebreek het of wat ‘n enorme impak op jou lewe gehad het.
Wat van die moeilike omstandighede waarin ons ‘n onregverdige verlies gely het, sonder dat ons enige iets daarmee te doen gehad het?
God werk in ... en deur ... elke situasie wat ons in die gesig mag staar. Niks kan vir God verras nie. Hy kan enige omstandigheid gebruik om ten goede vir ons mee te werk.
Telkemale wys Hy sy genade as Hy ons toelaat om ander te help wat later soortgelyke hartseer of verlies ervaar. God vermors nooit ‘n beproewing, hartseer of seer nie ... solank as wat ons ons hartseer en twyfel ten volle aan Hom oorgee.
Ek het in God getwyfel na ‘n tragiese, hartverskeurende gebeurtenis in my lewe plaasgevind het. Ek kon nie begryp waarom dit toegelaat is om te gebeur nie. Twyfel het aan my geknaag en my omvou. Eers jare later het ek die doel verstaan van dit wat God toegelaat het om met my te gebeur.
In omstandighede waarin slegte dinge met ons gebeur is God so geduldig met ons. Hy weet dat dit ‘n prys van ons gaan vra ... en Hy is die antwoord op die heropbou van ons hoop en geloof. Wanneer jy by Hom skuil is Hy getrou om jou deur jou twyfel te lei sodat jy kan terugkeer na ‘n plek van volkome vertroue.
In die tye wanneer ons self-versadig is en ontsteld is omdat God nie presies doen wat ons dink die beste is nie, glo ek dit is ‘n direkte uitdaging aan God.
Ons wil hê wat ons wil hê ... en is ontsteld as God nie inval by ons planne nie. Hierdie tipe twyfel is dodelik vir ons verhouding met God ... en dit het telkemale ook ‘n effek op ons ander verhoudings. In sulke tye moet ons onsself vinnig verootmoedig en berou toon.
Dit is belangrik om te verstaan dat God ‘n plan het met elke situasie of hartseer wat ons ervaar of waardeur ons moet gaan.
As God ons toelaat om deur ‘n situasie te gaan wat ons laat twyfel, of wat voel asof dit ons heeltemal tot breekpunt strek, kan ons vertrou dat Hy planne het om die wyses waarin Hy ons in die toekoms tot sy eer kan gebruik te vermeerder.
Dit is nooit lekker om deur moeilike lewensomstandighede te gaan nie. Hierdie moeilike tye voel soms soos ‘n uitklophou.
Lewensuitdagings kan ons versoek om verbitterd teenoor God te raak.
Ons moet die waarheid dat God werklik net die beste vir ons wil hê, besef en koester. Twyfel poog om ons weg te lei van God se beste af.
God sien die “groter prentjie” wat ons nie kan sien nie. Wanneer twyfel jou probeer verlei, sien dit as ‘n teken dat dit tyd is vir ‘n opregte hart-tot-hart gesprek met God. Hy laat werklikwaar elke situasie waarteen ons te staan kom uitwerk tot die beste.
Vra vandag vir God om totale beheer van jou lewe oor te neem. Gee “jou” totaal oor aan Hom.
Stort jou hart voor Hom uit ... deel met Hom al jou twyfel, seer, bekommernisse, teleurstellings, vrees en mislukkings. Vra Hom om vir jou wysheid te gee en om jou te help om die groter doel agter jou twyfel en omstandighede raak te sien.
Vra Hom om enige bitterheid in jou hart, teenoor Hom, ander of enige situasie weg te neem.
Vertel vir Hom dat jy graag jou twyfel wil bely en dat jy Hom van vandag af wil begin vertrou.
Hy het ‘n wonderlike hart gevul met liefde en genade vir jou!

Aangaande hierdie leesplan
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.
More
We would like to thank Grief Bites for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com