'n Geliefde Baba: 'n 7-dag Leesplan na 'n Miskraam Voorbeeld

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

DAG 6 VAN 7

Het jy al van Hanna in die Bybel gehoor? Sy is die middelpunt in 1 Samuel. Hanna se verhaal is soos so baie van ons s'n — sy is ons Bybelse sielsgenoot. Alhoewel ons verhale duidelik verskil, kan diegene van ons wat miskrame gehad het, tweede-trimesterverlies of met onvrugbaarheid gesukkel het, die verlange van Hanna verstaan. Ons harte is seer, ons lewens het verander, en ons vind ander (selfs sommige mans) verstaan nie heeltemal die pyniging nie. 

Hierdie verse het my gewys God erken hierdie onvervulde verlange na 'n kind in ons arms, as 'n rede wat trane en angs waardig is. Hanna se wanhoop kom in die Bybel voor. Vir my bevestig dit ons hartseer en gee ons die uiteindelike toestemming om tot God uit te roep en uiting aan ons volle emosies te gee. 

Hanna het gekreun, gehuil en tot God uitgeroep. Het jy dit al gedoen? Daardie trane gestort en daardie aaklige krete geskreeu? Het jy geweet dit is in orde om hierdie emosies tot God te rig? Om in hartseer te huil, is 'n manier om met Hom te kommunikeer en met Hom te praat wanneer ons siele van pyn verskroei is. 

Dierbare mamma, ek weet nie hoe jou verhaal of myne sal verloop nie, maar ek weet ons hemelse Vader hoor ons geroep. Die hartseer wat jy nou voel, is 'n algemene ervaring. Hartseer oor die begeerte na moederskap oortref tyd en is so belangrik dat dit in die Bybel verskyn. Ons moenie skaam wees oor ons emosies van woede, jaloesie en hartseer nie. In plaas daarvan moet ons tot die Here roep en uiting gee aan ons innerlike onrus. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

Een uit elke vier vroue verloor 'n swangerskap. Dit is 'n ingewikkelde en hartverskeurende droefheid. In hierdie oordenkings stap die skrywer, Sarah Philpott, in deernis saam met diegene wat misplaaste skaamte, afsondering en verpletterende wanhoop ervaar wat gepaardgaan met miskraam en 'n doodgebore baba. Sarah sal jou help om na Christus as ons hoop te kyk en die belofte dat ons kinders in die hemel is. Hierdie leesplan is gebaseer op Philpott se boek, "Loved Baby: 31 Devotions Helping You Grieve and Cherish Your Child After Pregnancy Loss."

More

Baie dankie aan Sarah Philpott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://allamericanmom.net