'n Geliefde Baba: 'n 7-dag Leesplan na 'n Miskraam Voorbeeld

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

DAG 3 VAN 7

Spertye. Doelwitte. Planne. Ons hou van orde, nie waar nie? Ons samelewing help ons (verkeerdelik) glo ons kan ons gesinne, kraamverlof, en die aantal jare tussen broers en susters beplan. Farmaseutiese maatskappye het tot oorlopens verskillende opsies om swangerskap te voorkom. Mense baklei hoe om keuses te maak. Ons praat daarvan om 'n gesin te begin asof ons aandetes beplan. 

Daarom moet dit moeiliker wees om swangerskap te voorkom as om swanger te raak en 'n baba te hê. Dit gebeur onder die komberse, en nege maande later gee jy geboorte aan ’n baba, reg? Sjuut. 

Het jy gedink jy kan jou lewe ook beplan? 

Ons treur nie net oor ons kind nie, maar ons treur ook omdat ons planne misluk het. Ook omdat ons verkeerdelik glo ons is in beheer van ons lewens, voel ons dikwels (verkeerdelik, moet ek byvoeg) soos mislukkings. Ons siele begin die verpletterende, valse boodskap uitstuur: My liggaam het my gefaal. Ek het ons baba gefaal! Ons siele skreeu, Dit was nie deel van my plan nie! Ek het gedink dit is veronderstel om maklik te wees! Is 'n baba nie deel van "lank en gelukkig lewe nie?" 

Die van ons wat verlies ervaar het, is nou veranderde siele. Weet asseblief dat die dood van jou kind nie jou skuld is nie. Ongelukkig word ons 'n lewe van swaarkry belowe. Johannes 16:33 herinner ons: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” 

Sien jy daardie belofte? Eina. Jy sien, ons word nie beloof om net pure geluk te beleef nie. Ons word eintlik lewens belowe wat met probleme vermeng is. Die aarde is nie die plek waar pure geluk bestaan nie. Daarom verlang ons na die hemel — 'n plek waar lyding afwesig is. 

Kan ek 'n belofte aan jou fluister om te help in die dae wat voorlê? Alhoewel jou baba op aarde gesterf het, is jou baba in die hemel gebore. Dit is nie die plan wat jy sou gekies het nie, maar dit is 'n absolute belofte. 

Ons harte ly nou in die hede, maar daar is die belofte dat jy eendag jou kind sal groet. Dit is in hierdie plek waar heerlike geluk vir ewig sal bestaan. Vertrou dat in die toekoms: “Hy al die trane van hulle oë sal afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan” (Openbaring 21:4).   

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

Een uit elke vier vroue verloor 'n swangerskap. Dit is 'n ingewikkelde en hartverskeurende droefheid. In hierdie oordenkings stap die skrywer, Sarah Philpott, in deernis saam met diegene wat misplaaste skaamte, afsondering en verpletterende wanhoop ervaar wat gepaardgaan met miskraam en 'n doodgebore baba. Sarah sal jou help om na Christus as ons hoop te kyk en die belofte dat ons kinders in die hemel is. Hierdie leesplan is gebaseer op Philpott se boek, "Loved Baby: 31 Devotions Helping You Grieve and Cherish Your Child After Pregnancy Loss."

More

Baie dankie aan Sarah Philpott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://allamericanmom.net