'n Geliefde Baba: 'n 7-dag Leesplan na 'n Miskraam Voorbeeld

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

DAG 4 VAN 7

Vandag dra ons swart na begrafnisse. Het jy geweet die oorsprong van die tradisie om jouself te klee om hartseer uit te druk, kom eintlik uit Bybelse tye? “Jakob het sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het lank oor sy seun getreur" (Genesis 37:34). 'n Roukleed was die oorspronklike swart begrafnis klere. 

Ons moderne tyd dikteer nie gepaste drag vir die tydperk van rou nie. Trouens, ons hartseer is vir baie onsigbaar. Tog voel ons of ons in daardie jeukerige goiingsak geklee is, nie waar nie? Ons voel die swaar van seerkry, die voortdurende prikkeling daarvan op ons siele, die sluier wat ons eie siening deurmekaar maak. Die verskil tussen vroeër tye en vandag, is dat die uiterlike teken van hartseer verwyder is. Ons hartseer bedek deesdae net ons siele. 

Ek stel nie voor dat ons die tradisie van roudrag terugbring nie, maar dit is nogal lekker om te sien hoe daar in ons geskiedenis 'n uiterlike teken was, wat sê: Haai, ek kry seer. Laat my toe om te huil. Bid vir my. Moenie my vergeet nie. 

Al gee ons kultuur ons nie meer die protokol nie — veral in die geval van die verlies van 'n swangerskap — moet ons onsself toestemming gee om te rou. Dit is in orde om nie lekker te wees nie en om die swartheid van hartseer te ervaar. Dit word rou genoem. Rou gaan troos vooruit. Rou is 'n Bybelse proses om hartseer te hanteer. Ander kan ons hartseer gering ag, maar die Bybel sê vir ons dat ons geroepe is om te treur. Abraham het getreur oor die verlies van sy vrou. Dawid, die kryger, het gehuil. Ons einste Verlosser, Jesus, het gehuil. Jy moet ook 'n tyd van rou aanvaar. Weet dat dit in orde is om te huil. 

Ander kan jou verlies gering ag of kwetsende opmerkings maak. Weet asseblief jou trane is waardig. Jou baba, wat in die hemel woon, is geliefd. Jy kan hieroor hartseer wees, maar weet dat jou kleinding nou in 'n toestand van volkome volmaaktheid is. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

Een uit elke vier vroue verloor 'n swangerskap. Dit is 'n ingewikkelde en hartverskeurende droefheid. In hierdie oordenkings stap die skrywer, Sarah Philpott, in deernis saam met diegene wat misplaaste skaamte, afsondering en verpletterende wanhoop ervaar wat gepaardgaan met miskraam en 'n doodgebore baba. Sarah sal jou help om na Christus as ons hoop te kyk en die belofte dat ons kinders in die hemel is. Hierdie leesplan is gebaseer op Philpott se boek, "Loved Baby: 31 Devotions Helping You Grieve and Cherish Your Child After Pregnancy Loss."

More

Baie dankie aan Sarah Philpott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://allamericanmom.net