'n Geliefde Baba: 'n 7-dag Leesplan na 'n Miskraam Voorbeeld

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

DAG 1 VAN 7

Daar het ek op die koue porseleintoilet gesit — bloed wat uit my stroom, my maag wat saamtrek. Ek het nie 'n dokter nodig gehad om vir my die nuus te gee nie; my baba was weg. Ek was nie meer swanger nie. Ek gaan nie 'n babakamer versier nie. Ek sal nie in November geboorte skenk aan my baba nie.

Dit is moeilik wanneer ons wêreld net skielik stop. Niks maak sin nie. Mis sak oor ons neer. Ons voel beroof, gebroke en verraai deur ons eie liggame. 

Jy het dalk die bloed gevoel. Jy het dalk die ultraklankbeeld gesien. Jy het dalk die verpletterende frase gehoor: "Daar is geen hartklop nie." Die verpleegster het jou dalk vertel die hormonevlakke wat jou swangerskap se vordering bepaal is aan die daal. Jy het dalk ineengekrimp van die pyn wat deur jou ektopiese swangerskap veroorsaak word. Jou water het dalk te vroeg gebreek. Jou baba is dalk deur 'n keisersnee gebore. Jy het dalk geboortepyne gevoel en jou perfek gevormde baba is gebore sonder om asem te haal. 

Ons lewens het verander — vir altyd. Ons het almal verskillende reaksies, maar die meeste van ons ervaar skok en verwarring. 

Ek is so jammer dat jy in hierdie nagmerrie sit waar woede, skuldgevoelens, hartseer, eensaamheid, verlange, angs en depressie in jou ronddwarrel. Om nie te praat van die geweldige fisieke pyn wat jy ondervind het nie - iets waarvoor ons totaal onvoorbereid is. 

Wat staan ons te doen met al hierdie seer? Moet ons dit opsy skuif of al die gevoelens ervaar? 

Navorsing oor droefheid beveel aan dat ons onsself moet toelaat om hierdie gevoelens te ervaar. Daar is geen manier om hartseer te omseil nie. Ons moet daardeur ploeter. Jy is hartseer. Jy wil jouself uitdruk. Jy smag na jou kind en jy smag daarna om 'n sinvolle rede vir so 'n verlies te kry. 

Liefste, ons moet daagliks besluite neem om deur die hartseer te werk. Dit beteken nie dat daar 'n kuur vir hartseer is nie, maar dit kan ons 'n gevoel van orde in ons emosies gee en ons help om by 'n plek te kom waar hartseer en vrede saam bestaan. My ma se eerste kind is ook op sewe maande doodgebore. Sy sê: “Die hartseer, pyn en skuldgevoelens gaan mettertyd weg. Uiteindelik sal dit vervang word met liefdevolle aanvaarding en die wete dat julle mekaar weer in die hemel sal sien.” 

Op die oomblik is jy nog in daardie stadium van rou en verlies. Geloof beteken om planne te vertrou wat ons nie begeer nie. Al is ons bang, moet ons God vertrou om ons deur hierdie vallei te lei terwyl ons ons gedagtes op Hom vestig en berus op die belofte van die hemel. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

Een uit elke vier vroue verloor 'n swangerskap. Dit is 'n ingewikkelde en hartverskeurende droefheid. In hierdie oordenkings stap die skrywer, Sarah Philpott, in deernis saam met diegene wat misplaaste skaamte, afsondering en verpletterende wanhoop ervaar wat gepaardgaan met miskraam en 'n doodgebore baba. Sarah sal jou help om na Christus as ons hoop te kyk en die belofte dat ons kinders in die hemel is. Hierdie leesplan is gebaseer op Philpott se boek, "Loved Baby: 31 Devotions Helping You Grieve and Cherish Your Child After Pregnancy Loss."

More

Baie dankie aan Sarah Philpott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://allamericanmom.net