'n Geliefde Baba: 'n 7-dag Leesplan na 'n Miskraam Voorbeeld

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

DAG 2 VAN 7

’n Veld van meerjarige veldblomme groei in my voortuin — helder pienk, sonnige geel en lewendige oranje skoonhede waai in die wind. Die heuningbye van ons korwe rus op die delikate kroonblare en suig die soet nektar op. Hierdie lieflike blomme is nie net opvallend nie, maar hulle skenk ook lewe aan die bye en gewasse op ons plaas. Veldblomme is geskep om sorgeloos te wees en om te groei waar hulle ook al wortel skiet. 

Ons, as susters in Christus, is baie soos hierdie veldblomme, is ons nie? Op ons sterkste koester ons ander en straal ons liefde uit. Ons is behendige en glorieryke wesens. Ons smag daarna om die lewe te laat groei en 'n sorgvrye bestaan te geniet, maar die verlies van 'n baba verander dit vir ons, nie waar nie? 

Liewe mamma, jy is soos hierdie veldblomme. Jy was jou pragtige self toe jou dierbare kind skielik hemel toe vertrek het. Jy het niks gedoen om dit te veroorsaak nie, tog is dit ver verwyderd van waar jy gedink het jou lewe in hierdie tydperk sou gewees het. Nou voel dit of jy wil versmoor. Jy voel of lyk nie soos jou vorige self nie, of hoe? Jy kan nou skaars vir jouself sorg — en nog minder lewe aan 'n ander gee. 

Jy het nie meer 'n rede om te bestaan nie. Jy wonder of jy ooit uit hierdie hartseer te voorskyn sal kom. 

Kom nader sodat ek iets vir jou kan sê: Jy sal deur hierdie verlies kom. Jy sal deur 'n ysige winter gaan, maar uiteindelik sal die lente verskyn. Net soos die veldblomme in my tuin, sal jy ook nuwe krag uit jou vorige self kry en nuwe wortels en nuwe lewe vestig. 'n Nuwe jy sal stadig na vore kom.“ Hoe?” sal jy vra. God sê dat ons almal 'n nuwe skepping sal wees, in nuwe krag gevorm deur ons lyding.  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Loved Baby: A 7-Day Plan After Pregnancy Loss

Een uit elke vier vroue verloor 'n swangerskap. Dit is 'n ingewikkelde en hartverskeurende droefheid. In hierdie oordenkings stap die skrywer, Sarah Philpott, in deernis saam met diegene wat misplaaste skaamte, afsondering en verpletterende wanhoop ervaar wat gepaardgaan met miskraam en 'n doodgebore baba. Sarah sal jou help om na Christus as ons hoop te kyk en die belofte dat ons kinders in die hemel is. Hierdie leesplan is gebaseer op Philpott se boek, "Loved Baby: 31 Devotions Helping You Grieve and Cherish Your Child After Pregnancy Loss."

More

Baie dankie aan Sarah Philpott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://allamericanmom.net