God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
Daar vir Jou
“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33).
Studies het bevind dat 85 persent van die dinge waaroor ons bekommerd is, nooit gebeur nie. Dit beteken dat van al die dinge waaroor jy jou nou bekommer, 85 persent daarvan nie sal gebeur nie. Wat egter van die ander 15 persent? Die Here sal met jou wees gedurende jou moeilike tye.
God het nie belowe dat ons in 'n wêreld sonder pyn sal lewe nie. Jesus het wel gesê: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33). Ons moet feite onder die oë sien. Geliefdes sal sterf en ons sal swaarkry in ons lewens ondervind.
Die goeie nuus is egter: al woon ons in die wêreld van die sterwendes, is ons op pad na die wêreld van die lewendes. Die dood sal kom, maar ons het hierdie belofte van Jesus: “Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek Lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk" (Openbaring 1:17-18). Ek is so bly dat Hy die sleutels hou. As ek die sleutels gehad het, sou dit al jare gelede weggeraak het.
Iemand het my onlangs gevra wat die mees geestelike oomblik van my lewe was. Met ander woorde, wanneer het ek God se teenwoordigheid die mees intens in my lewe gevoel? Ek moes daaroor dink. Toe besef ek, die mees geestelike oomblik in my lewe, die oomblik wat ek die teenwoordigheid van God die mees intens gevoel het, was toe my seun, Christopher, gesterf het, en God daar was.
Ons kan ons verheug in die feit dat God in beheer is. Hy sal met ons wees en vir ons gee wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More