God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

DAG 3 VAN 18

'n Rede om te Juig

"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie; al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie; al sal daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder" (Habakuk 3:17–18).

Daar word gesê dat bekommernis die hoë rente is wat ons betaal vir probleme wat selde voorkom. Ons probeer bekommernis regverdig: "Dit is in orde dat ek bekommerd is, want ek is in 'n moeilike situasie." Op baie maniere is ons almal — sommige meer as ander. Miskien moet ons almal net 'n bietjie vroliker wees wanneer ons kan. Jy mag dalk dink: "Dis maklik vir jou om te sê."

Ek wil hê jy moet die volgende woorde oorweeg wat onder ongunstige omstandighede deur die apostel Paulus geskryf is. Paulus was onder huisarres. Hy sou of vrygespreek of onthoof word. Hy het nie geweet wat sy toekoms inhou nie. Tog het hy vir ons van die mees inspirerende woorde gegee wat ons in die Skrif vind: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend" (Filippense 4:4-6).

Ek is gaande oor hierdie verse. Paulus het nie in die een of ander ivoortoring gesit en praktiese teorieë uitgedink nie. Hy het nie op een of ander strand in die Middellandse See gekuier, 'n falafel geëet en 'n ystee geniet nie. Hy was in die tronk, maar tog kon hy sê: “Wees altyd bly in die Here. Ek herhaal: Wees bly!”

Terloops, dit is 'n opdrag van God self. Om dit anders te stel, deur nie verheug te wees nie, is ons ongehoorsaam aan God. Enigiemand kan juig wanneer dit redelik goed gaan. Wanneer ons egter teëspoed of siekte of swaarkry of dood in die gesig staar en dan juig, is ons gehoorsaam aan God.

God is op sy troon. Hy is lief vir jou en sorg vir jou. Wees dus bly in die Here.

Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie  

More

Ons wil graag vir Greg Laurie en Harvest Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvest.org/