Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 7 VAN 60

Vertrou op God – daar is niks wat jou lewe raak wat God nie toegelaat het nie, beperk het, of nie sal gebruik tot sy verheerliking en jou seën nie.

God het mense in my lewe gebring wat 'n uiteenlopende versameling hartseerervarings deurgemaak het. Sommige van die hartseer was deur hul eie toedoen terwyl ander aan die hand van mense veroorsaak is ... die man wat 'n veroordeelde misdadiger is, het 'n broer geword wat sukkel om die verlede te oorkom. Sommige sien 'n man met mislukte verhoudinge, maar ek het hom leer ken as 'n broer in Christus, wat met groot honger na God gesoek het en teenoor 'n medewerker kon getuig.

Die lewe en hartseer bring baie geleenthede om mense van verskeie vlakke te ontmoet en verhale te deel:

Drome het ontstaan in die hoop op toekomstige suksesse.

Ywer wat uitgedruk is deur met trots die eerste groot aankope te maak.

Egskeiding wat 'n gesin emosioneel en finansieel verwoes het.

Nederlae van "dis maar die lewe"-episodes wat met terugslae gevul is.

Daar is baie rou en onverwerkte gesprekke oor die kerk en ervarings wat mense daar gehad het.

'n Jong man wat 'n vriend geword het en glo daar is 'n God, maar Hom nog nie ken nie.

Diegene wat vir God kwaad is oor die swaarkry wat hulle ervaar.

Diegene wat God liefhet vir die vergifnis wat hulle in 'n verhouding met Hom ervaar.

Ek het die afgelope paar maande die eer gehad om lewensverhale van mense te hoor waarvan ek nie seker is of ek daaronder sou kon uitkom nie.

Dit lyk of mense pyn op verskillende maniere verwerk. Party doen dit deur hulle godsdiens. Ander deur chemiese middels te gebruik. Sommige deur plesier na te jaag. Die wyses waarop mense pyn hanteer, lyk byna eindeloos.

Werklike mense het Werklike vergifnis van 'n Werklike Verlosser nodig deur Werklike geloof. Wanneer jy op die hartseer of pyn fokus, mag jy voor wanhoop swig, maar wanneer jy op die Verlosser fokus, sal sy plan genesing bring.

Daar is baie ervarings wat jou hart kan breek, maar jy kan altyd seker wees dat God die krag het om die goeie deur elke ervaring te bereik en dit te gebruik as 'n kragtige getuienis om diegene om jou, na die kruis te bring en baie lewens te red.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com