Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 10 VAN 60

Soms kom hartseer in die vorm van die verlies van 'n belangrike doel of droom. Dit kan ook kom uit die verlies van 'n waardevolle verhouding.

'n Deur sal sluit en sal diep gevoelens van verlies veroorsaak. Jy kan selfs voel asof jy jou pad byster geraak het.

Wanneer God 'n deur toemaak, moenie probeer om "die slot oop te breek" nie.

Om 'n geslote deur te probeer oopdwing, vertraag net waarheen God jou wil lei of stuur.

Soms sluit God 'n deur sodat Hy 'n onverwagte venster kan oopmaak.

Hy sal dikwels die uitsig vanuit 'n venster gee omdat dit 'n ander uitsig, (sowel as 'n alternatiewe perspektief) bied wat jy dalk nie op grondvlak gesien het nie.

Vensters kan 'n bedekte SEËN wees.

Wanneer ons God eerste in ons lewens plaas, en Hom eerste in ons lewens hou, is ons gewaarborg om in sy volmaakte wil te wees.

Vertrou God om jou lewensdoel te vervul en dat Hy die deure sal oopmaak wat Hy vooraf bestem het om vir jou oop te maak.

Dit is nie altyd maklik om te aanvaar dat die deur voor jou gesluit is nie, maar deur God te vertrou om vir jou die venster oop te maak wat, volgens Hom, vir jou die beste uitsig bied, ... en die toekoms ... wat jy nie nou kan verstaan nie.

Vra God vandag om jou te lei, jou paaie te rig en net deure oop te maak wat jou lewe sal seën. Vra vir die genade en wysheid om te weet watter deure jy gesluit moet hou.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com