Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 13 VAN 60

Dink aan 'n tyd toe jy 'n pragtige diamant gesien het.

Het jy geweet dat diamante net mooi word wanneer dit aan uiterste hitte, druk en transformasie blootgestel word? Wanneer die gewig van die rots, waaronder dit lê, begin afneem, is wanneer 'n diamant groei.

Een van die mooiste diamante ter wêreld wat deur hierdie moeilike proses van transformasie en groei gegaan het, is die Hope Diamant.

Die Hope Diamant is 'n seldsame, pragtige, hoog-gewaardeerde diamant. Die meeste diamante ontwikkel nooit tot hierdie vlak van skoonheid, krag en uniekheid soos die Hope Diamant nie, want hulle kon nie die geweldige hoë hitte en druk verduur wat dit geverg het om hulle so te vorm en na die oppervlak te bring nie.

Net so kan God jou moontlik toelaat om deur intense druk, uitdagings en ongemak te gaan, omdat Hy 'n diepe begeerte het om die Een te wees wat jou uit die put van hartseer na die oppervlak bring, sodat jy hoop kan bied aan 'n seer wêreld en skitterend sal skyn tot Hom en sy heerlikheid!

Droefheid plaas ons voor 'n belangrike keuse ... vertrou ons op God en laat ons Hom toe om ons in ons tye van hartseer opwaarts na die oppervlak te bring, sodat ons pragtige diamante van groot krag en skittering word ... OF ... draai ons weg van die Bron wat die vermoë het om ons op te hef; en eerder stagnant of selfvoldaan in ons hartseer te bly, en ons harte in verswakte grafiet te verander?

Hartseer slaan 'n persoon beslis plat, en dit neem waarlik tyd om te herstel ... ons het egter almal die hoop dat God ons uit die modderputte van hartseer sal oplig.

Net soos miljoene mense na die Hope Diamant gaan kyk en hulle daaroor verwonder het, staan die wêreld in werklike verwondering oor iemand wat geweldige ontberinge verduur, maar steeds skitterende vreugde uitstraal.

Diegene wat diepe droefheid ervaar het, het 'n baie spesiale roeping en Goddelike doel in die lewe ... 'n roeping om ander te help wat deur 'n soortgelyke beproewing gaan.

Eendag gaan jy 'n absolute juweel wees ... 'n diamant van hoop vir iemand wat deur soortgelyke hartseer gaan!

Laat jou hart en lewe buigsaam, vormbaar en bruikbaar wees vir God.
God het jou geskep om te skyn!
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com