Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 17 VAN 60

Baie van die lewe se daaglikse gebeure kan jou onderkry ... 'n onvriendelike woord, 'n uitdagende huwelik, konflik in die gesin, siekte, 'n opstandige kind, verwerping deur ander, finansiële laste of skuld, om oor die hoof gesien te word of om by die werk as minderwaardig beskou te word, ens.

In uitdagende oomblikke, moet jy daarvan bewus bly dat jy NOOIT alleen is nie. God stap regtig langs jou – en baie keer dra Hy jou.

Het jy geweet dat God reeds jou behoeftes ken ... elkeen daarvan? Selfs terwyl jy tot Hom bid, het God reeds 'n antwoord.

Die lewe kan teleurstellend wees ... en kan jou selfs soms depressief maak ... maar daar is Iemand wat jou elke dag kan help om 'n lewe van vrede en WAARDE te leef — ongeag die omstandighede.

Praat met God en vra vandag sy hulp! Jy is van BAIE waarde, Hy het jou so baie lief en Hy het 'n groot plan vir jou lewe! Vertrou Hom vir sy antwoorde en dat Hy in jou behoeftes sal voorsien.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com