Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Kwaad vir God? Gefrustreerd met die lewe?
Wanneer jy deur moeilike tye gaan, waaroor jy min of geen beheer het nie, kan dit vinnig tot bitterheid lei ... en kan jou hart moontlik verhard en jou van God en jou geliefdes af laat wegkeer.
Enigiemand wat vandag deur beproewings gaan, moedig ek aan om jou hart voor God uit te stort en Hom te soek met alles wat jy het – of jy nou daarvoor lus is of nie.
Gedurende hierdie moeilike tye is 'n baie nuttige ding om te onthou, die feit dat hierdie aarde nie ons ware tuiste is nie. God HET wel 'n plan asook 'n doel met ELKE hartseer ... selfs al lyk dit nie so nie.
Daar is baie hartseerervarings wat jou verbitterd kan laat ... 'n eggenoot wat egbreuk pleeg ... Die ontydige dood van 'n geliefde ... 'n siekte of gestremdheid ... 'n geliefde wat jou voortdurend mishandel of verwerp het, of dit steeds doen ... verlatenheid ... om deur 'n miskraam of onvrugbaarheid te gaan ... verraad van 'n familielid of vriend ... 'n onregverdige werksverlies ... die rebellie van 'n familielid ... 'n bittere egskeiding ... konflik in die gesin ... verlies as gevolg van 'n ander persoon se dwase of haatlike besluite ... mishandeling deur kerkpersoneel, kerkleiers of kerklidmate ... ja, daar is baie onregverdige situasies in die lewe wat jou reguit na 'n nimmereindigende put van uiterste bitterheid kan dryf.
Wanneer slegte dinge in die lewe gebeur, is bitterheid 'n natuurlike menslike reaksie. Ons moet onthou dat bitterheid 'n gif is wat net die verbitterde persoon en diegene om hulle benadeel. Dit is 'n verterende vuur wat die houer daarvan diep verbrand, en dit skep altyd meer probleme en verdere verlies ... bitterheid is egter 'n KEUSE.
As jy vandag met bitterheid sukkel, praat met God oor jou gevoelens, praat met Hom oor jou situasie. God is in beheer en het die mag om harte te verander. Selfs die ergste situasies kan versag word wanneer ons ons seer vir God gee en Hom vra om in te gryp en ons deur ons pyn te help.
Dit is veels te maklik om te swig voor 'n verbitterde gesindheid tydens die chaos van hartseer of beproewings ... en daar is baie situasies waar bitterheid heeltemal menslik en te verstane sou wees ... maar, besef asseblief dit: bitterheid sal jou jou lewensdoel en jou gemeenskap met God en jou geliefdes kos ... en niks is dit werd nie!
Voorkom bitterheid ten alle koste. Vertrou God om vir jou te veg. Moenie wraak neem nie, laat ruimte vir God om kwetsende mense en hartverskeurende situasies te hanteer ... wraak is God se verantwoordelikheid. Ons verantwoordelikheid is om ons gedagtes te vernuwe en om regdeur die lewe soos Christus te word.
Kies om te glo dat God in beheer is. Kies om in sy opperheerskappy te vertrou. Hy het jou nie vergeet nie, Hy sal jou nie verlaat nie. Hy sal elke verkeerde ding wat jy ervaar, eendag heeltemal regmaak. God ken al die feite van jou situasie en het die vermoë om iets van baie groot waarde uit al die pyn te laat voortkom. Vra die Here vir 'n nuwe mate van genade, vra Hom vir 'n nuwe vermoë om te kan vergewe.
Jy is te waardevol om 'n verbitterde mens te word. God wil soveel meer vir jou hê!
Kies vandag om jou na God se genade te wend.
Terloops ... ek is innig jammer dat iemand jou seergemaak het of probeer het om jou gees te breek. Ek bid dat God jou seën, jou vertroos, jou weer opbou en jou hart genees!

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.
More
We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com