Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 24 VAN 60

Het jy al ooit baie tyd afgestaan om die Psalms te lees? Daardie boek van die Bybel is vol skatte! In hierdie boek vind ons baie verse van Dawid, wat liefdevol bekend staan as die man na God se eie hart. Hy wou meer as net 'n intellektuele verhouding met God hê. Hy wou elke dag 'n baie intieme verhouding met Hom hê. Nog iets betekenisvol wat jy in hierdie boek of elders in die Bybel sal vind, is dat beide Dawid en Jesus Christus self gevra het: "Hoekom?"

Ongeveer 'n jaar voor my kwadrupleeg verloofde 'n tweede ongeluk gehad het, wat veroorsaak het dat hy langer as 'n jaar in die hospitaal was voordat hy gesterf het, het ek en my gesin soggens saam godsdiens gehou. Ons sou dan vyf Psalms en een hoofstuk in Spreuke lees. Op daardie stadium het ek gedink die skrywers van die Psalms was 'n klomp kla- en kermkouse. 'n Kort rukkie later het ek self by die kerm-en-kla-klub aangesluit. Wanneer jy diepe pyn of droefheid ervaar, sal jy jou beter met die skrywers in die Psalms kan vereenselwig en leer hoe om tot God uit te roep en sy vertroosting te ervaar soos nog nooit tevore nie.

Gaan deur die Psalms en soek een of twee verse wat verband hou met presies dit waardeur jy nou gaan. Wees op die uitkyk vir 'n paar verse wat verwys na "hoe lank moet ek droefheid in my hart hê" of "roep uit in nood, oggend, dag en nag."

Praat met God wanneer jy sukkel om te slaap of net voor jy elke aand bed toe gaan, oor een Psalm en verpersoonlik dit terwyl jy met Hom daaroor praat.

Memorisering en bepeinsing van die Skrif, asook om dit te verpersoonlik terwyl jy met God praat, is van die beste maniere om sy hart op te soek.
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com