Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 29 VAN 60

Ek hou baie van die pragtige waarheid in 2 Korintiërs 5:17, want dit is waardevol om te weet die lewe KAN werklik verander of nuut gemaak word. Dit is 'n fantastiese, wonderlike hoop!

As jy nie hou van die koers wat jy ingeslaan het nie, as jy van God afgedwaal het, of die resultaat van jou lewe is nie heeltemal waarvoor jy gehoop of beplan het nie, is daar elke dag NUWE geleenthede om die koers van jou lewe te verander.
Al wat jy hoef te doen, is om op Christus as jou Verlosser te vertrou en Hom te vra om jou te wys wat sy groot doel vir jou lewe is. Vra Hom om nuwe lewe in jou in te blaas.

Vra God om jou vandag te lei en rigting te gee. Begin met die nodige stappe om jou lewe beter te maak ... meer doelgerig en gevul met vreugde, en SPRANKELEND ... presies wat God wil hê dit moet wees!

Verlies en droefheid hoef nie permanent jou lewe te bepaal of jou primêre identiteit te word nie. Vra Christus om van vandag af jou identiteit te wees.

Vra Hom om beheer oor jou lewe te neem en 'n pragtige nuwe begin vir jou te skep.
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com