Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld
Het jy al ooit verwerp gevoel?
Verwerping deur geliefdes is beslis 'n saak van groot hartseer ... dis moeilik om te verduur. Veral as jy niks verkeerd gedoen het om dit te regverdig nie.
Met droefheid is dit baie algemeen vir vele van jou verhoudinge om te verander. Sommige familielede en vriende op wie jy voorheen gedink het jy kan staatmaak, verdwyn en vermy jou ... terwyl ander familielede en vriende, wat nie baie naby aan jou was nie, in jou moeilikste dae daar is vir jou. Wanneer jou droefheid verby is, probeer om nie seergemaak te voel of aanstoot te neem oor verhoudinge wat verswak het of selfs verlore kan gaan gedurende jou rouproses nie.
Wanneer dit by vriendskappe kom, is die negatiewe uitwerking van droefheid dat, as 'n vriend nog nooit droefheid of verlies ervaar het nie, dit moeilik kan wees om steeds met mekaar in verhouding te wees soos wat dit voor jou droefheid was.
Die positiewe van droefheid, is wanneer iemand reeds deur droefheid of verlies gegaan het, word daardie vriendskappe aangewakker en werklik verdiep ... daar is byna 'n "onuitgesproke" begrip waarmee hulle met opregtheid hulself kan vereenselwig oor hoe jy nou dink en voel.
Vriendskappe kan beslis na jou droefheid verander en soms sal God toelaat dat party vriendskappe kwyn sodat nuwes kan blom.
Vra God om goeie, standvastige vriendskappe te bring gedurende jou reis van droefheid.
Vandag, is jou stryd dalk nie met vriendskappe nie, maar met 'n verhouding wat die oorspronklike bron van jou hartseer is ... soos om as kind of selfs in die huwelik verlaat te word. Ek weet van baie wat deur hulle vader of moeder verlaat is. Ek ken ook baie wat deur hulle huweliksmaats of ander familielede gelos en verlaat is. Dit is altyd moeilik om te verstaan hoe mense wat jy liefhet, en wat veronderstel was om jou lief te hê, jou so verskriklik kan verwerp of seermaak. Daar is geen maklike antwoorde nie.
Ek glo dat God soms sal toelaat (nie veroorsaak nie, maar toelaat) dat verwerping of verlating plaasvind om jou te BESKERM teen verhoudinge en situasies wat jou toekomstige skade kan berokken. Ek dink wanneer ons in die hemel kom, ons duidelik sal sien dat sommige situasies van verwerping of verlating, God se gawes van genade in ons lewens was ... bedekte seëninge.
Ek glo dit breek werklik God se hart om toe te laat dat hierdie dinge plaasvind, maar Hy kon sien dat iets ergers gaan gebeur. In sy groot liefde het Hy hulle dus toegelaat dat jy verwerp of verlaat word as 'n daad van beskerming. Sommige verhoudinge het ook net 'n doel vir 'n tydperk ... hulle is in plek om jou die lesse te leer wat jy nodig het vir 'n spesifieke tyd in jou lewe.
Een ding is seker: God sal jou nooit verwerp nie. Om een van sy kinders te verwerp, sou beteken om sy rug op Homself te draai. Mense kan ons diep seermaak, maar God sal nooit nie.
God gee soveel om vir die beskerming van ons harte dat Hy eintlik engele bevel gee oor hoe om ons op die beste manier te beskerm. Hierdie Goddelike orde sluit ook in om ons in verhoudinge te beskerm.
Wanneer mense jou verwerp of mishandel, voel God jou hartseer. Sy liefde is groot genoeg om ENIGE en ALLE seer in te sluit wanneer jy na Hom toe gaan. God het jou lief en Hy is absoluut gek oor jou! Hy is nie te blameer vir die moeilike gebeure van verwerping of verlating nie. Hy is besorgd oor die gruweldade en seer wat jy in die lewe ervaar het.
Ongeag wie jou seergemaak, verwerp, mishandel of verlaat het, dit moet jy weet: God sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Laat hierdie spesiale belofte jou vandag rustig stem.

Aangaande hierdie leesplan
Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.
More
We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com