Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 33 VAN 60

Een van die moeilikste uitdagings wanneer jy droefheid beleef, is dat jy tussen twee wêrelde vasgevang is ... jou ou lewe en die nuwe lewe wat vir jou wag.

Daar word dikwels deur familie en vriende wat dit goed bedoel, druk op die bedroefde geplaas om "daar oor te kom" of "aan te gaan met die lewe"; gewoonlik omdat hulle baie omgee vir die persoon wat so ongelukkig is.

As jy 'n geliefde wat die wêreld vir jou beteken het verloor, weet jy "om daar oor te kom" nie sommer net gebeur nie.

Jy kan leer hoe om die lewe weer voluit te leef en selfs werklik lief te hê en dit te geniet ... maar dit neem egter tyd.

Om die slaggate van verdere droefheid of verlies te vermy, is my raad, leer om "in die oomblik te leef".

Hoewel droefheid erg seermaak, moet jy daarna streef om die lewe na die beste van jou vermoë te lei en jou geliefdes wat nog hier is, te geniet. Dit kan uitdagend en moeilik wees, veral wanneer hartseer nog rou is; jy sal egter baie dankbaar wees dat jy dit gedoen het.
Toe my ouer suster se verloofde gesterf het, het sy besluit om tyd met die familie deur te bring en so goed as moontlik te leef. Slegs drie weke later is ons oudste suster skielik op Dankseggingsdag oorlede.

'n Rukkie gelede het my suster my meegedeel hoe bly sy was oor haar besluit om tyd met ons oudste suster deur te bring, anders sou sy nou spyt gewees het.

Bring dus vandag, selfs al voel jy nie lus nie, tyd met diegene deur wat jy die liefste het. Dit kan babatreetjies vereis om terug te keer na 'n vol lewe, maar jy sal in staat wees om eendag terug te kyk en daaroor dankbaar te wees.

Gebruik soveel tyd as wat jy nodig het om te treur, maar moet nooit skuldig voel om liefdevol te lewe en die lewe weer te geniet, sodra jy gereed is nie. Jou geliefde sou dit werklik vir jou wou hê. Hy of sy was verheug oor jou geluk terwyl hulle gelewe het, en hulle wil steeds hê dat jy nou die lewe moet geniet, al is dit sonder hulle.

Dit kan baie hartseer wees om nuwe herinneringe sonder jou geliefde te skep ... jy kan selfs skuldig voel ... as jy egter geliefdes het wat nog in jou lewe is, moet jy asseblief soveel tyd met hulle deurbring as wat jy kan. Ons weet nooit wat op enige gegewe dag kan gebeur nie, daarom is dit verstandig om altyd in die oomblik waarmee God jou seën te lewe ... hier en nou.

Dit mag tyd neem, en kan selfs aanvanklik moeilik wees, maar gee vandag babatreetjies om die lewe en jou oorblywende geliefdes weer te geniet. Vra God om jou te wys hoe om 'n "nuwe normaal" te skep sodat jy sy wil vir jou lewe kan vervul. Jy sal nie spyt wees nie.

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com