Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 32 VAN 60

God is so goed om vir ons aangename herinneringe te gee.

Dit help baie om iets oor elke herinnering wat jy van jou geliefde het te skryf.

Met die verloop van tyd vervaag ons herinneringe. Deur 'n notaboek te hou van al die herinneringe wat jy van jou geliefde het, verseker jy dat jy op 'n later stadium oor jou kosbare herinneringe sal kan lees.

Jy kan dalk ook daagliks iets oor jou hartseerervaring skryf.
Dis 'n seën om te kan teruggaan en te lees oor hoe God jou deur jou hartseer gedra het.

Gee jou geliefdes vandag die geskenk van goeie herinneringe. Besluit om van vandag af aan, 'n goeie nalatenskap agter te laat, sodat ander Christus in jou sal sien en God liefdevol sal dank, elke keer as hulle aan jou dink.
Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com