Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 36 VAN 60

Het iemand jou deur jou droefheid of die tydperk van jou verlies gehelp deur jou lief te hê, in jou lewe betrokke te raak of om jou aan te moedig?

Soms is daar soveel in die gedagtes van bedroefdes en soveel seer in hul harte, dat hulle vergeet om die mense te bedank wat hulle tans help of wat hulle deur hul reis van droefheid gehelp het.
Neem tyd om hierdie spesiale mense vandag te bedank!

Jy kan God ook vra om 'n spesifieke Bybelvers in hulle lewe duidelik te maak. Een van my gunsteling Bybelverse wat ek vir iemand baie spesiaal gebid het, is Numeri 6:24-26. Hierdie persoon het my so baie in my lewe en ten tyde van droefheid gehelp.

Ek sal altyd baie dankbaar wees vir diegene wat in my lewe belê het ... veral diegene wat my deur my droefheid gehelp het.

Almal wat jy ontmoet, gaan deur een of ander uitdaging in hul lewens. Oor sommige word gepraat, terwyl ander uitdagings so hartverskeurend is dat woorde nie gevorm kan word om daaroor te praat nie.

Vra God vandag om jou 'n hart met onderskeidingsvermoë te gee. 'n Hart wat met die oë van Christus kyk. Vra Hom om vir jou iemand te wys wat ekstra bemoediging nodig het en doen dan iets spesiaals om daardie persoon te bemoedig wat God aan jou hart geopenbaar het.

Versprei bemoediging vandag!
Dag 35Dag 37

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com