Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 41 VAN 60

Worstel jy nog steeds met skuldgevoelens of spyt?

Skuldgevoelens en spyt gaan dikwels hand aan hand met hartseer en verlies. Spyt kan tot jou voordeel wees, eerder as tot jou nadeel, wanneer jy die regte ingesteldheid het. Spyt is eintlik iets WAARDEVOLS! Hierdie kragtige emosie help ons nie slegs om ons lewens te louter en beter te leef nie, ons spyt kan in werklikheid ANDER HELP.

Wanneer ons ons spyt in God se hande plaas, kan Hy die lewenslesse daarvan kragtig gebruik om ander te help om soortgelyke pyn, konflik of tragedie te vermy.

Besef asseblief vandag dat jy jouself nie meer met skuld of spyt hoef te kasty nie. God KAN jou 'n NUWE lewe gee ... ongeag mislukkings, skuldgevoelens of spyt van die verlede.
Hy is meer as gewillig om vir jou 'n nuwe weg te skep.

Hou op om met jou verlede te worstel en begin om daardie worstelinge te gebruik om jou in jou toekoms te bring. Dit is 'n goeie manier om God, jou geliefdes en jou lewensdoel te eer!

God wil iets NUUTS in jou lewe doen ... gaan jy Hom toelaat?
Jy is waardevol en jou lewensdoel is groter as wat jy besef!

Wees vriendelik teenoor jou hart terwyl jy God se hart opsoek.

Almal het 'n gebeurtenis in hul lewe waaroor hulle baie spyt is. Neem vandag die besluit om toe te laat dat jou spyt jou in 'n doelgerigte persoon omvorm. Jy kan niks aan die verlede doen nie, maar jy KAN besluit om met die hulp van God dinge in die toekoms anders te doen.

Besluit van vandag af aan om herinneringe met God, geliefdes en die lewe te skep ... nooit met spyt nie.

Skuldgevoel is 'n verskriklike emosie om te ervaar ... veral wanneer dit met die genesing van jou hartseer inmeng. As jy skuldig voel omdat jy 'n geliefde verontreg het, of nie vir hulle daar was voordat hulle oorlede is nie, weet dan ons geliefdes hou niks teen ons nie.

Wat hulle dalk hier op aarde ontstel het, ontstel hulle nou nie meer nie. Raak vandag ontslae van die "wat as" en "as ek net". As jy met skuldgevoelens worstel, praat met God daaroor. Indien nodig, praat met 'n gerespekteerde leraar of berader. Jou geliefde wil hê jy moet 'n ligte hart, vrede, vreugde en geluk hê ... en vry wees van die slawerny van skuld en spyt.
Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com