Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 45 VAN 60

Iets waarvan ek hou, is om iets spesiaals te doen ter herinnering aan die dag wat my geliefdes "huis toe" is en in die vakansies.

Dit is heel aanvaarbaar om steeds jou gewaardeerde geliefde te vier deur hul nagedagtenis te EER. God hou daarvan om te sien dat ons almal eer wat Hy in ons lewens geplaas het; in die verlede en die hede.

Oorweeg dit vandag om iets SPESIAALS vir jou geliefde te doen:
1. PLANT 'n boom tot hul eer (versier dit met ligte in die komende jare)
2. Gaan na 'n park toe of jou agterplaas om na te dink oor al die aangename herinneringe wat jy met jou geliefde gedeel het
3. Maak 'n SKENKING aan 'n plaaslike of nasionale liefdadigheidsorganisasie in hul naam
4. BAK jou geliefde se gunsteling lekkerny en gee dit aan iemand wat jy weet wat moedeloos is
5. KYK na jou geliefde se gunsteling fliek of LUISTER na hul gunsteling CD
6. STEEK 'n kers AAN ter gedagtenis aan hulle terwyl jy 'n bietjie warm sjokolade, tee of koffie geniet
7. DOEN 'n AKTIWITEIT wat jou geliefde geniet het om te doen terwyl hulle gelewe het
8. As jy 'n kosbare kind aan die dood afgegee het, oorweeg dit om vir hulle die speelgoed of geskenke te koop wat jy normaalweg sou gekoop het, en gee dan daardie geskenke aan 'n kind wat behoeftig is

Net omdat jou geliefde gesterf het, beteken dit nie dat jy hulle nie meer kan vier, eer en hulle aktief kan liefhê nie. Dink aan iets wat jy vandag kan doen om hulle nagedagtenis in jou tradisies in te sluit!

BID vandag vir almal wat swaarkry en pyn verduur!
Dag 44Dag 46

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com