Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 47 VAN 60

Daar is baie waardevolle lesse wat jy kan leer uit jou hartseer en beproewings, asook baie skatte wat jy bymekaar gemaak het. Lesse en skatte wat deur hartseer geleer word, is bedekte geskenke wat jou leer hoe om 'n voller en meer doelgerigte lewe te lei. Hoe dieper jy in die Woord van God en sy hart delf, hoe meer verborge skatte sal jy ontdek.

Die waardevolste skat wat deur droefheid verkry kan word, is om te leer hoe om God beter lief te hê, te verstaan en te geniet.

Hartseer verander almal wat dit werklik in diepte ervaar het ... diegene wat deur hul hartseer saam met God loop, sal nie meer daarmee tevrede wees om toe te laat dat verhoudinge, geleenthede, lesse, of die lewe, oppervlakkig is of selfs verkwis word nie.

Die lewe en jou verhouding met God neem 'n hele nuwe betekenis aan en die begeerte om die lewe in sy nuwe volheid te wil leef, word 'n werklikheid.

Hartseer en lewensuitdagings is werklik ervarings wat jou louter. Jy weet nooit wat jy werklik dink en glo totdat jy gekonfronteer word met 'n toets van geloof of 'n lewensuitdaging nie. Wanneer jy verlies in jou lewe ervaar, keer dit jou wêreld onderstebo en kan jou alles wat jy dink en weet laat bevraagteken.

Loop saam met God deur die moeilike tye, sodat net Hy jou standpunte kan verfyn. Emosies kan nie vertrou word nie. Jy sal 'n ware skat vind – die skat van groter dieptes van oortuiging en geloof wanneer jy God vertrou ten tyde van hartseer en lewensuitdagings.

Om die hart van God deur hartseer te vind, terwyl jy Hom toelaat om jou hart te louter, bring altyd groot lof, heerlikheid en eer aan Christus.
Dag 46Dag 48

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com