Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 46 VAN 60

Ag, hoe lief is ek vir hierdie pragtige aanhaling deur Joni Eareckson Tada, 'n kwadrupleeg wat onlangs deur borskanker gegaan het:

"Kanker sal nie wen as ek dood is nie. Kanker sou net wen as ek nie daarin slaag om vir Jesus Christus lief te wees nie. Wanneer mense ons sien glimlag te midde van beproewings, sal hulle na ons kyk en dink, 'Haar God moet baie groot wees om daardie soort lojaliteit te inspireer. Ek dink dis ongelooflik dat sy te midde van haar verdrukking nog kan glimlag. Ek wil hê wat sy het. Ek het haar vreugde nodig.' O, wat 'n wonderbare getuienis is dit." — Joni Eareckson Tada

Dit is 'n ABSOLUTE waarheid, ONGEAG wat jy in die gesig staar ... ons beproewinge kan net wen INDIEN ons nie daarin slaag om Christus deur hulle lief te hê nie!

Jy weet nooit wie jou raaksien terwyl jy deur hartseer of die lewe se uitdagings gaan nie. Jy het die kragtige vermoë om werklikwaar ander deur jou storm na Christus toe te trek.

Verwyl tyd saam met God in hierdie week en leef jou liefde vir Hom uit.
Jy is 'n getuienis in wording!
Dag 45Dag 47

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com