Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 50 VAN 60

Baie mense blameer God vir hulle hartseer, maar besef nie dat God nie gewilliglik hartseer bring nie.

Tog, waar daar hartseer en verlies is, daar het Hy 'n plan.

Pastoor Rick Warren sê dikwels: "God sal nooit hartseer verkwis nie!"

God se hart is gevul met deernis teenoor enigeen wat deur droefheid gaan.

Sy hart is waarlik vir jou, en met jou seer.

Sy.Liefde.Faal.Nooit.Nie.

Terwyl ons deur ons hartseer gaan, het God reeds 'n plan om ons deur ons moeilikste dae en ons diepste stryd en hartseer te help.

Hy het die wonderlike vermoë om vir ons krone, in ruil vir as te gee, vreugde eerder as trane, en krag en lof eerder as swakheid ... en Hy doen dit alles sodat Hy sy heerlikheid deur elkeen van ons kan openbaar.

Jou lewe is spesifiek gekies om 'n pragtige getuienis te wees van wat die Here in tye van diepe hartseer of verlies deur jou kan bereik.

Soek God se hart vandag op en stort jou hart voor Hom uit. Hy is daar te midde van jou pyn. Hoe meer jy sy hart soek, hoe duideliker kan Hy die doel vir jou droefheid openbaar.

Hy wil NOOIT enige hartseerervaring wat ons in die gesig staar, laat verbygaan of verkwis nie.

Elkeen het 'n pragtige lewensveranderende doel en daar is altyd 'n doel in die pynlike gebeure waardeur ons gaan.
Dag 49Dag 51

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com