Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 54 VAN 60

Daar is iets aangrypend vertroostend oor God se belofte om ons regterhand vas te hou en aan te bied om ons te help.

Wanneer ons God se hand neem en saam met Hom deur ons lewe stap, veral wanneer ons hartseer is, is dit beslis 'n belangrike gebeurtenis wat groot eer aan God bring.

As kind, toe ek bang was, seergemaak, of vertroosting nodig gehad het, was my ouers se hande die eerste waarna ek gegryp het om aan vas te hou. Ek glo dit is dieselfde vir ons almal tydens droefheid. Ons moet God se hand vasgryp en Hom toelaat om ons te vertroos en ons op te tel.

Wanneer ons die hand van God vashou tydens ons droefheid, word 'n pragtige monument in ons harte gebou wat ons dan die vermoë sal gee om na terug te kyk en te sien hoe wonderlik en teer God ons hand tydens ons moeilikste dae vasgehou het.

God sal ALTYD weet hoe om jou hart en siel te vertroos.
Hy wil graag jou grootste, en soms die enigste een wees, wat jou bemoedig sodat Hy die regmatige erkenning sal kry vir die genesing van jou gebroke hart.

Laat God toe om jou hand vandag vas te hou. Jy sal nie spyt wees nie!

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com