Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 59 VAN 60

Toe ek deur 'n baie moeilike sewe jaar van beproewings en hartseer gegaan het, het ek mettertyd werklik uitmekaar begin val. Die laaste drie jaar van hierdie spesifieke lang periode van hartseer was ek erg gegrief oor my hartseer.

Ek het verskeie sterftes van geliefdes ervaar; moes toekyk hoe my seun deur operasies en konsultasies vir gewasse gaan; het deur verskriklike pyn in my huwelik gegaan en was amper geskei. Ek het die skok van kanker ervaar en het twee operasies ondergaan; en toe is ek gediagnoseer met 'n lewenslange outo-immuunsiekte wat my uiters siek gemaak het sodat ek in gedurige pyn was.

Ek.was.uitgeput.van.hartseer.

Terwyl ek na God uitroep en probeer verstaan het waarom daar soveel gelyktydig moes gebeur, het ek Hom vertel hoe moeilik die afgelope paar jaar was.

Terwyl ek as gevolg van my omstandighede, in die versoeking was om met bitterheid en gegriefdheid gevul te word, was God so goed om my te herinner aan 'n lewensveranderende feit.
Ek kon voel hoe Hy in my hart vra: "Kim, het jy jou hart en lewe vir my gegee?"
"Ja, Here. Natuurlik het ek."

Ek het gevoel dat God my hart verder bevraagteken: "Hoeveel van jou lewe het jy aan my gegee ... 'n bietjie van dit, iets van dat, of alles? ... was dit voorwaardelik of onvoorwaardelik?"
"Alles, Here ... en onvoorwaardelik."

Hy het my op 'n baie mooi manier nederig gemaak, deur my in daardie stil oomblik daaraan te herinner dat ek teen 'n baie hoë prys gekoop is ... ek het my lewe toe onvoorwaardelik aan die Here oorgegee om dit te gebruik soos Hy goeddink.

Soms kan ons oor ons hartseer en beproewings gegriefd wees ... en voel asof ons aan die droë speen van die lewe suig.

Ons sukkel deur ons emosies en probeer om uit te werk wat gebeur het.
Ons probeer om uit te werk wat regverdig teenoor onregverdig is, wat reg teenoor verkeerd is, en geregtigheid teenoor onreg.
Die probleem is dat die skaal nooit na regverdig sal oorhel nie ... nie hier op aarde nie.

Eendag sal God alles balanseer en die skale sal werklik sin maak.
Terwyl ons egter nog op die aarde is, en wanneer ons voel asof ons wêreld uitmekaar geval het, is dit noodsaaklik om te onthou Wie s'n ons is, en om God te vertrou om al die gebreekte skerwe van ons hartseer en lewe op te tel en te genees. Hy is 'n wonderlike bron van vertroosting en Hy is ons beste advokaat.

Wanneer jy jou hart en lewe ten volle aan Hom oorgee, is Hy getrou om elke omstandigheid van hartseer wat jy deurmaak, uit te werk.

Wanneer jy dae het waarin jy wanhopig, moedeloos of gebroke voel, onthou Wie s'n jy is ... en dat Hy daar is!

Hy het jou teen 'n groot prys gekoop en is getrou om Romeine 8:28 vir jou lewend te maak deur jou hartseer en jou lewe vir jou ten goede te laat meewerk!
Dag 58Dag 60

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com