Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld
Ek word dikwels gevra wat die grootste verskil in my herstel van droefheid gemaak het ... en ek hou daarvan om te vertel wat God in my lewe gedoen het. Ek is so dankbaar teenoor Hom dat Hy my uit my droefheid opgetel, en my 'n vaste plek gegee het om te staan sodat ek ander van sy groot liefde kan vertel.
Hierdie is die vernaamste vyf dinge (behalwe familie en vriende) wat my geweldig baie deur groot droefheid gehelp het. Ek hoop dat dit vandag vir jou 'n bemoediging is ... en ek hoop jy sal mettertyd met jou eie lys vorendag kom sodat jy God se liefde en genesing aan ander kan meedeel.
1. God. Hy was daar vir my deur die slapelose nagte, en het vir my Bybelverse gewys wat my met hoop deurdrenk het; en Hy het my helderste vreugde en troos geword, asook my beste Vriend; elke traan wat ek gestort het, het Hy versamel en elke oomblik van hartseer in sy boek opgeskryf; Hy het my naam op sy hande getatoeëer en my 'n pragtige lewensdoel gegee. Hy is ALTYD daar vir my, 24 uur van die dag.
2. Dagboek. Toe my pyn te swaar en te diep was om oor te praat, of toe ek nie my gedagtes in woorde kon uitdruk nie, kon ek dit altyd in my dagboek skryf. Sommige van my dagboekinskrywings, die Bybelverse wat God my gewys het, en tien van my dagboekgebede, was dit waaruit my boek bestaan het: Kry Jou Asem Terug Nadat Die Lewe Dit Uit Jou Geslaan Het. As jy deur droefheid gaan, help 'n dagboek jou baie, veral omdat jou geheue jou in tye van droefheid in die steek laat.
3. Dankbaarheid. Om elke dag vyf dinge te vind om voor dankbaar te wees, plaas uiteindelik die lewe vir my weer in perspektief. Terwyl ek 'n dankbare hart gekweek het, kon ek 'n voller lewe met baie meer betekenis leef. Klein dingetjies het groot dinge geword. Dinge of mense wat ek voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, het baie belangriker geword. Ek het so dankbaar geword vir die mense wat nog in my lewe was en vir eenvoudige vreugdes. Die natuur. Musiek. Familie. Vriende. 'n Lekker koppie tee of koffie. Liefde. Gesondheid. Drukkies. 'n Ontspanne aandete. 'n Roomys. Verjaarsdae van geliefdes. Vakansiedae. Die see. Sonskyn. Reënerige dae. Droefheid het my geleer om nooit iemand of enigiets as vanselfsprekend te aanvaar nie. Om te fokus op wat ek nog in die lewe gehad het, wat meer is as wie en wat ek verloor het, het my op dramatiese wyse deur die droefheid gehelp.
4. Om te vier. Die viering van my geliefde se lewens — of hulle nog leef of oorlede is — was 'n diepe ervaring. Mense in droefheid, dink soveel keer verkeerdelik dat die doel is om "oor" 'n geliefde te kom ... en soms word mense so diep bedroef dat hulle vergeet om steeds lief te hê en te belê in die lewens van hul lewende geliefdes. Ek vier hulle almal. My suster was lief vir bak ... dus, as nagedagtenis aan haar, vier ek haar herinnering deur lekkernye te bak en dit aan mense te gee wat ek weet bemoediging nodig het. Ek eer my geliefdes wat in die hemel is deur die tyd wat ek saam met hulle gehad het te vier, deur dinge te geniet wat hulle graag gedoen het terwyl hulle op aarde was. Ek vier ook my geliefdes wat nog leef deur hulle baie lief te hê terwyl ek hulle nog hier het om te kan geniet en lief te hê. Elke dag is die moeite werd om te lewe en te vier ... en ook geliefdes! Die viering van die lewe met God en die vriendskap wat Hy bied, is die beste van alles!
5. My lewensdoel. Om deur soveel sterftes en beproewings te gaan, het my hart met die vermoë gevorm om ander deur hulle droefheid te help. Elke droefheid waardeur ek gegaan het, het my lewensdoel en die aantal mense laat groei wat ek kon bedien. Ek geniet dit werklik om mense met my hartseerbediening te help. Om iemand wat geweldig neerslagtig is te help om God en die lewe weer vind, is van onskatbare waarde. As jy bedroef was of is, gaan God jou gebruik om 'n absolute juweel te wees vir iemand wat deur 'n soortgelyke situasie gaan. Soek God op om jou lewensdoel te vind. Twee wonderlike hulpbronne wat jou kan help om jou lewensdoel te vind, is: "The Purpose Driven Life" deur Rick Warren en LifeChurch se "Chazown" deur Craig Groeschel. Jy kan ook goeie lewensveranderende hulpbronne deur hierdie webwerwe vind: www.purposedriven.com en www.Chazown.com. Wanneer 'n persoon sy lewensdoel vind, sal hy nooit weer dieselfde na die lewe kyk nie.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.
More
We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com