Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 58 VAN 60

Wanneer iemand deur hartseer gaan, is dit asof hulle harte diep in die koue grond begrawe word.

Dit is vir elke persoon om te besluit of hulle God sal toelaat om die saad van hulle persoonlike hartseer nat te maak, te versorg en te laat groei ... of dat hulle sal kies om toe te laat dat 'n wortel van verbittering die sade verstik.

Dit is heeltemal moontlik om sterker uit die hartseer te kom en met behulp van God se genesende hand, weer pragtig te blom.

Mense wat op God vertrou terwyl hulle deur hartseer gaan, sal groter VREUGDE ervaar en vind dat die sade van hul hartseer BLOM en 'n soet geur word wat 'n wêreld in pyn na hul getuienis toe trek.

Alhoewel die lewe nie regverdig is nie, en God nooit doelbewus hartseer veroorsaak nie, vertrou Hy wel spesifieke hartseer aan die individue toe wat Hy weet die verantwoordelik het om die helderste lig deur hul storms te laat skyn.

Vir wie kan jy 'n lig wees ten spyte van hartseer?

Wie sal jou vreugde en lojaliteit aan God sien, ten spyte van jou hartseer?

Jou getuienis is in wording! Besluit om 'n pragtige blom deur jou storm na vore te laat kom!

Dit is altyd na die storm dat dinge die duidelikste, helderste en mooiste is ... wanneer die Seun 'n ware geleentheid het om te SKYN!
Dag 57Dag 59

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com