Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 53 VAN 60

Ek kan onthou toe ek nog 'n klein dogtertjie was, het ons na die begraafplaas gegaan om my pa se graf te besoek. In die begraafplaas, 'n entjie van my pa se graf af, was daar 'n standbeeld van Jesus waar Hy neerbuig. Ek het daarvan gehou om op Jesus se skoot te gaan sit en met Hom te praat. Ek het daar so veilig gevoel terwyl ek oor my hartseer en lewe gepraat het.

Psalm 116:1-2 herinner my aan daardie tye wat ek met Jesus daar in die begraafplaas gepraat het.
Ek hou baie daarvan hoe hierdie spesiale vers 'n liefdevolle God uitbeeld wat gewilliglik buig om na 'n hart wat tot Hom uitroep om vertroosting, barmhartigheid, krag en genade, te luister. God is so genadig teenoor elke hart wat seerkry.

As jou hart vandag seer is, bid ek dat jy vandag na God toe sal gaan.
Hy buig neer, met ope arms, en wag met 'n hart vol liefde en genade net vir jou.

Terwyl jy God gedurende jou hartseer ervaar, bid ek dat jy 'n diep lojaliteit teenoor Hom sal ontwikkel om meer en meer tot Hom te bid en Hom lief te hê.
Dag 52Dag 54

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com